
Opposisie onbeïndruk met verkiesingskommissie - January 24, 2023
Opposisie-partye is nie beïndruk met die nuus dat 117 skootrekenaars by die Verkiesingskommissie gesteel is nie. Plaaslike media berig dat die sekretaris van die Independent Patriots for Change Christine !Auchamus eis dat ‘n vergadering van rolspelers en belanghebbendes gehou moet word om die kwessie te bespreek. Sy sê die party ag dit as ‘n sekuriteitsbreuk […]
Gemengde energie die oplossing vir kragkrisis – Cyril - January 24, 2023
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se toegang tot gemengde energie kan help om die energiekrisis hok te slaan en ʼn oormatige afhanklikheid van steenkool-kragstasies verminder. Hy het ʼn vergadering van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal toegespreek. Ramaphosa sê die historiese besluite wat ‘n gebrek aan instandhouding meegebring het, het tot beurtkrag […]
Toegang tot onderwys moet verbeter - January 24, 2023
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit is nou die regte tyd om alle diskriminerende wette en praktyke te beëindig wat toegang tot onderwys belemmer. Dit is vandag Internasionale Onderwysdag en die tema is om in mense te belê en voorkeur te gee aan onderwys. Tans is 244 miljoen kinders en jeugdiges nie […]
Vier Oath Keepers skuldig bevind na 6 Januarie onluste - January 24, 2023
Nog vier lede van die verregse Amerikaanse Oath Keepers is skuldig bevind aan opruiende sameswering na hul deelname aan die aanval op die Amerikaanse hoofstad van 6 Januarie 2021. ‘n Jurie van 12 lede het Oath Keeper-lede David Moerschel, Joseph Hackett, Roberto Minuta en Edward Vallejo skuldig bevind aan opruiende sameswering. Al vier is ook […]
Aktivis Becker se heraanstelling deur Outa verwelkom - January 24, 2023
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het die herinstelling van die kernwaghond-aktivis, Peter Becker, op die Nasionale Energiereguleerder se raad verwelkom. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het bevind Becker se ontmoetings met burgerlike organisasies terwyl hy op die raad gedien het, was nie ‘n konflik van belange nie en sy verwydering van die raad was ongrondwetlik en onwettig. Outa se woordvoerder, Brendan Slade, […]
Shell maak nog ‘n ontdekking in ‘n nuwe put - January 24, 2023
Shell het volgens die jongste berigte koolwaterstowwe ontdek in sy Jonker 1-put wat hy in Desember begin boor het. Die put is suidoos van die uiters suksesvolle Graff 1-put in die Oranje-bekken. Koolwaterstowwe is die hoofkomponente van ru-olie en aardgas. Upstream berig die vroeë tekens van die nuwe vonds is belowend. Die plaaslike eenheid van Shell bedryf PEL 0039 met ‘n 45 persent belang, saam met QatarEnergy wat ook 45 persent het en Namcor met […]
Volksmoord-ooreenkoms draai dalk in die hof - January 24, 2023
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die Nama-Ovaherero-volksmoord te respekteer. ‘n Aansoek is in die hoërhof gebring om die omstrede gesamentlike verklaring oor die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland nietig te verklaar. Die tradisionele owerhede sê die […]
Suid-Afrikaners moet môre by DA aansluit teen beurtkrag - January 24, 2023
Die leier van die DA, John Steenhuisen nooi die publiek om môre by die optog teen beurtkrag aan te sluit. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Cilliers Brink, sal die optog ook hulle standpunt teen kaderontplooiing, prysverhogings en korrupsie insluit. Brink sê die optog begin by Mary Fitzgerald-plein in Newtown, Johannesburg tot by Luthuli-huis:
EU gee 7de hulppakket aan Oekraïne - January 24, 2023
Die Europese Unie het nog militêre hulp ter waarde van meer as 9,33 miljard Namibiese dollar aan Oekraïne goedgekeur. Dit is die sewende sodanige hulppakket. Die pakket is goedgekeur saam met ‘n verdere 840 miljoen dollar vir nie-dodelike toerusting. Die EU se 27 ministers van Buitelandse Sake het in Brussel vergader om die hulp goed te […]
O wee, beurtkrag raak ook wynberdryf - January 24, 2023
Die wynbedryf het sy griewe oor die uitwerking van beurtkrag bekend gemaak. Die woordvoerder van Groote Post-wingerde, Peter Pentz, sê hulle voel die uitwerking daarvan met die aanvang van die oestyd. Hy sê dit het moeilik geword om te beplan vir produksie, sowel as vir die hoë koste van brandstof om kragopwekkers vir die fermentasie-proses […]