Belastingvrywaring vir sonpanele in SA, maar… - February 23, 2023

Met duisende Suid-Afrikaanse huishoudings wat reeds begin het om sonkrag-panele by hul huise te installeer om beurtkrag vry te spring, waarsku veiligheids-kenners dat die diefstal van dié panele, om op die swartmark herverkoop te word, ook sal begin toeneem. Die minister van finansies Enoch Godongwana het aangekondig dat verbruikers belasting-vrywarings sal geniet as hulle die […]

Read More

Aansoeke vir Namibiese dobbellisensies sluit binnekort - February 23, 2023

Die Namibiese omgewingsminister en die Dobbelraad herinner dobbelmasjien-operateurs dat die aansoeke vir lisensies op 28 Februarie sluit. Daar is ‘n aantal klousules in die wetsontwerp oor dobbelary-beheer wat nie heeltemal duidelik was vir lede van die publiek nie en daarom was die registrasieproses vir ongeregistreerde dobbelmasjiene en -operasies met ses maande uitgestel. Volgens minister Pohamba […]

Read More

SA meld cholera-verwante sterfte aan - February 23, 2023

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het die eerste cholera-verwante sterfte in Suid-Afrika bevestig sedert ‘n uitbreking vroeër vanjaar aangekondig is. Die bevestigde gevalle het tot vyf gestyg. Drie gevalle is ‘n paar weke gelede aangemeld. Die vierde geval is in die Alexandra-township in Gauteng bevestig en is ‘n 28-jarige man wat glad nie plaaslik […]

Read More

Myn-ongeluk in Noord-China eis ses lewens, 47 vermis - February 23, 2023

Ses mense is dood, nog ses is beseer en 47 word vermis ná ‘n myn-ongeluk in die noorde van China. Die oopgroef steenkoolmyn by Alxa in Mongolië het ineengestort terwyl honderde werkers op die perseel was. Reddingswerkers soek steeds na nog oorlewendes. Beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling.

Read More

Rugby: Springbok-oefenkamp in Kaapstad - February 23, 2023

Rugby: ʼn Groep van 14 Springbokke is tans in Kaapstad besig met ʼn oefenkamp van drie weke terwyl die wêreldkampioene hulle voorbereiding verskerp het om hulle titel later vanjaar in Frankryk te verdedig. Die kamp duur tot 10 Maart vir spelers van nasionale belang en wat ʼn blaaskans van verpligtinge in die Verenigde Rugbykampioenskap het. […]

Read More

Opleiding word oor houtskool-verbranding aangebied - February 23, 2023

Die Houtskool-vereniging van Namibië bied môre ‘n tweede gevorderde lesing aan oor houtskool-verbrandingstegnieke. Dit word by die Charcoal Village langs die Makarra Bush Products-aanleg buite Otjiwarongo vanaf die oggend nege-uur tot na middagete aangebied. Toegangsfooie beloop 1 000 Namibiese dollar vir twee persone en besprekings moet vooraf gedoen word. Die voorsitter van die vereniging, Michael […]

Read More

Namibiese veebemarking krimp in Januarie - February 23, 2023

Namibiese veebemarking, insluitend slagting en uitvoere, het in Januarie in die lewendehawe-sektor gekrimp, as gevolg van ‘n lae aanbod van slaggereed diere by beide plaaslike en uitvoer-abattoirs, volgens die Vleisraad. Bok-bemarking het in Januarie die grootste jaarlikse afname van 17,9 persent aangeteken, gevolg deur beeste met ‘n daling van 8,8 persent. Volgens Simonis Storm het […]

Read More

VF Plus vra Pravin oor korrupsie   - February 23, 2023

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, doen ʼn beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om enige bewerings van korrupsie by Eskom openbaar te maak. Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het hom uitgespreek oor politieke inmenging en bedrog by die kragvoorsiener, insluitende ʼn minister wat beweer het oneerlikheid […]

Read More

Freddy gaan Mosambiek môre tref - February 23, 2023

Mosambiek het ‘n rooi waarskuwing uitgereik oor die tropiese sikloon, Freddy, wat na verwagting môre die land sal tref tussen Govuro en Vilankulo. Die storm het oor Madagaskar beweeg. Die owerhede sê baie swaar reën sal na verwagting in die provinsies Gaza, Manica, Maputo, Inhambane en Sofala voorkom, wat uitgebreide oorstromings sal veroorsaak. Die Mosambiekse […]

Read More

Shifeta gaan Namibiese Toerisme-ekspo bekendstel   - February 23, 2023

Die Namibiese Toerisme-ekspo 2023 word môreoggend amptelik deur die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta in Windhoek bekend gestel. Die ekspo, wat deur Namibia Media Holdings aangebied word, sal vanjaar vroeër vanaf 26 tot 28 April in die hoofstad plaasvind. Die tema vir vanjaar is “Beyond Borders”

Read More