Vyf sterf in Madagaskar ná Freddy   - February 23, 2023

Die dodetal weens tropiese sikloon Freddy in Madagaskar het tot vyf gestyg. Die sikloon wat Dinsdag die land getref het, het ongeveer 17 000 mense geraak en meer as 4 000 huise beskadig. Die regering sê hy doen alles in sy vermoë om nog sterftes te vermy. Mosambiek se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre […]

Read More

Rugby: Alles nie wel op Ellispark - February 23, 2023

Rugby: Alles is skynbaar nie wel op Ellispark nie. Die uitgelekte uitslag van ʼn peiling wat MyPlayers blykbaar op versoek van die Leeus se uitvoerende hoof, Rudolph Straeuli, gedoen het, toon toenemende ongelukkigheid onder die spelers met die afrigtingsgroep, die kontraktebestuurder en Straeuli self. Daar is ook ontevredenheid oor reis- en verblyfreëlings wanneer die span […]

Read More

Rusland gaan olieproduksie met 25% besnoei – ekonoom reageer - February 23, 2023

Reaksie word ontvang op berigte dat Rusland beplan om olie-uitvoere vanaf sy westelike hawens met tot 25 persent in Maart teenoor Februarie te verminder. Dit oorskry sy aangekondigde produksieverlagings vir Maart waar hy gesê het hy sal daaglikse produksie met 500 000 vate, of 5 persent vanaf Maart sny. Rusland is onder druk as gevolg […]

Read More

Bloemhofdam se vlakke styg vinnig, inwoners gewaarsku - February 23, 2023

Die Departement van Water en Sanitasie in Suid-Afrika sê die watervlak van die Bloemhofdam in Noordwes en die Vrystaat styg vinnig met die toenemende invloei van water uit die Vaalrivier. Die Vaal- en Oranjerivierstelsel ondervind tans vinnig stygende watervlakke weens die swaar reën. Die Vaaldam, sowel as Bloemhof en Gariep het op die oomblik groot […]

Read More

Aangewese werkgewers: Werkloosheid gaan toeneem - February 23, 2023

Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het meer inligting in verband met sy navorsing oor die aanpassing van die wetgewing op regstellende aksie, bekend gemaak. Volgens die aanpassing, is die drempel vir aangewese werkgewers afwaarts aangepas van 25 na tien. Dit beteken dat hierdie werkgewers vakante poste eers by die ministerie moet aanmeld […]

Read More

Moordklagte teen Coenraad Strydom laat vaar, staat se ondersoek vat te lank - February 23, 2023

Die moordklagte teen Coenraad Strydom vir die dood van sy vrou Engela op 4 November 2021 in Walvisbaai, is vanoggend in Walvisbaai-landdroshof uitgegooi. Die saak is herhaaldelik uitgestel as gevolg van toetse vir buskruitreste van monsters wat van Coenraad se hande geneem is en steeds nie getoets kan word nie. Coenraad het eers gesê Engela […]

Read More

Meatco sien uit na Shiimi se ondersoek na sy besigheidstrategie - February 23, 2023

Die hoof uitvoerende beampte van Meatco Mwilima Mushokabanji sê hulle sien uit na die hersiening en analise van die finansministerie na sy besigheidstrategie. Die minister, Ipumbu Shiimi het die aankondiging gemaak tydens die begrotingsrede. Meatco het groot uitdagings die afgelope jaar of meer ervaar en verkeer onder erge finansiële druk. Mushokabanji sê landbou moet in […]

Read More

Limpopo-leeus weer gevang, Noordwes-wyfie loop nog rond - February 23, 2023

Terwyl die leeuwyfie wat in die Noordwes ontsnap het steeds op vrye voet is, is daar goeie nuus in Limpopo. Die LUR vir toerisme, Rodgers Monama, het bevestig drie van die vier leeus wat uit hul kamp op die plaas Doornspruit ontsnap het, is weer gevang. Monama sê die vierde leeu is deur sy eienaar […]

Read More

Baynes-projek beweeg, maar dis stadig… - February 23, 2023

Die 600-megawatt Baynes hidroëlektriese-projek, waarvoor lewensvatbaarheidstudies reeds in 1998 voltooi is, is steeds in die pyplyn. Die projek, wat deur die inheemse Ovahimba ten sterkste teengestaan word, het verlede jaar weer die nuus behaal met samesprekings tussen die lynminister Tom Alweendo en sy Angolese eweknie. Die roete na die projek vanaf Opuwo het ook tenders […]

Read More

Varkinvoere skiet die hoogte in - February 23, 2023

Invoere van varkvleis het in Januarie met 66 persent gestyg. Daar is net meer as 892 000 kilogram gedurende die maand ingevoer teenoor net meer as 537 000 kilogram in Januarie 2022. Volgens die Vleisraad van Namibië se maandelikse verslag het die verbod op invoere van varkvleis vanuit Suid-Afrika ‘n tekort in die mark veroorsaak. […]

Read More