
ANC moet geld vir erfenisterreine teruggee - February 23, 2023
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning moet 115 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die provinsie teruggee. Dit is as gevolg van die departement se gebrek aan beplanning en om voorkeur te gee aan sy erfenisterreine, wat ʼn negatiewe uitwerking op dienslewering het. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê […]
Derduisende oorlogsmisdade in die Oekraïne - February 23, 2023
Die Oekraïnse aanklaer-generaal Andriy Kostin sê meer as 68 000 oorlogsmisdade is volgens berigte deur Rusland in Oekraïne gepleeg sedert die inval byna ‘n jaar gelede begin het. Meer as 9 600 burgerlikes waaronder 461 kinders, is dood. Kostin sê hy is vol vertroue dat Rusland tereg sal moet staan vir oorlogsmisdade. Die menseregtewaghond het verlede jaar verskeie gevalle gedokumenteer van Russiese […]
SAA het meer as 10 keer meer nodig as wat Enoch gegee het - February 23, 2023
Takatso Aviation het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, se reddingsboei van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom, maar sê dis nie genoeg om die res van die lugdiens se historiese skuld te delg nie. Sedert die Takatso-ooreenkoms sowat 20 maande gelede aangekondig is, hou hulle vol dat hulle nie […]
TransNamib se lening vir omkeerplan word gefinaliseer - February 23, 2023
Die Namibiese regering is besig, om saam met TransNamib, die 2,6 miljard Namibiese dollar se lening by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die van Namibië te finaliseer. Die fondse vorm deel van die maatskappy se vyf-jaar strategiese omkeerplan om kapasiteit te versterk – beide in sy lokomotiewe en spoornetwerk. TransNamib vorm deel van Namibië se pogings om ‘n transito-spilpunt te word saam met Namport en die verskeie korridors. Daar word tans gewerk aan die voltooiing […]
Miljarde word deur ANC aan mediese verskaffers geskuld - February 23, 2023
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Gesondheidsdepartement het op die 31ste van verlede maand 940 verskaffers 1,856 miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld, ten spyte van beloftes om dit binne die wetlik vereiste 30 dae te betaal. Jack Bloom van die DA sê die departement skuld nog 223 verskaffers al meer as drie maande lank 983 […]
Ivanka en Jared moet getuig oor 6 Januarie - February 23, 2023
Oudpresident Donald Trump van Amerika se dogter Ivanka en haar man, Jared Kushner, is volgens berigte deur spesiale advokaat Jack Smith gedaag om voor die hof te verskyn. Amerikaanse media berig die dagvaarding hou verband met die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie, en die oudpresident en sy bondgenote se gedrag wat tot die dag se gebeure gelei het oor pogings […]
Namibië kry hemofilie-stigting - February 23, 2023
Hemofilie is gewoonlik ‘n oorerflike bloedings-versteuring waarin die bloed nie behoorlik stol nie. Dit kan lei tot spontane bloeding sowel as bloeding na beserings of chirurgie. Die Namibiese Hemofilie-stigting is tans besig om ‘n veldtog vir nuwe voornemende pasiënte op die been te bring. Die doel van die veldtog is om bewustheid van die toestand te […]
Lugvaart: Daar moet plek vir almal wees - February 23, 2023
‘n Bekende sakeleier het gereageer op FlyNamibia wat hul beswaar teen die aansoek om die lugvervoer-lisensie deur Fly Etosha Airways van die voormalige Air Namibia kaptein William Ekandjo teruggetrek het. Die uitvoerende direkteur van FlyNamibia, André Compion sê in ‘n mediaverklaring hy is verras oor die venyninge negatiewe reaksie van die publiek. Hy sê hul bedoelings was nooit om Fly Etosha Airways te veroordeel nie, maar op die beperkinge van die aansoek te wys. […]
Mieliedriehoek, Zambezi: Kommer oor reën wat wegbly - February 23, 2023
Die Namibiese Akkerbouraad het ook sy kommer uitgespreek oor vanjaar se mielie-oeste weens ‘n gebrek aan reën. Droëland mielieprodusente in die mieliedriehoek sukkel op die oomblik omdat hulle wag op reën. Die verwagte oes per ton daal daagliks en sommige boere het min of geen reën ontvang nie. Die hoofbestuur van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert […]
Aangewese werkgewers: Meer as helfte van besighede sal nie aanstellings maak nie - February 23, 2023
Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het ‘n verslag bekend gemaak na hy navorsing oor die aanpassing van die wetgewing op regstellende aksie voltooi het. Volgens die aanpassing is die drempel vir aangewese werkgewers afwaarts aangepas van 25 na tien. Dit beteken dat hierdie werkgewers vakante poste by die ministerie moet aanmeld. Volgens die vereniging beteken dit […]