Curriebeker: Cheetahs gee Griekwas ‘n 42-19 loesing - March 11, 2023

Rugby: Die Cheetahs was te sterk en klinies vir verlede jaar se Curriebeker-finaliste, Griekwas, in die aanvangswedstryd van die 2023-seisoen in Kimberley. Die Vrystaters het hulle bure met 42-19 geklop en vyf drieë gedruk teen die tuisspan se drie, vir ‘n bonuspunt-oorwinning. Griekwas het in werklikheid die wedstryd in die eerste 40 minute verloor en […]

Read More

Swapo verkies vandag kernlede van sentrale komitee - March 11, 2023

Die sentrale komitee van die Swapo-party vergader vanoggend om nege-uur in die hoofstad. Die doel is die verkiesing van lede van die sekretariaat wat verskeie portefeuljes, soos inligting en kommunikasie, verdediging en ekonomie, insluit. Volgens wat berig word, het President Hage Geingob sy privaat prokureur, die bekende regsman Sisa Namandje, voorgestel as een van sy […]

Read More

Phala Phala: Valke het reeds 126 verklarings - March 11, 2023

Die Direktoraat vir Prioriteits-misdaadondersoeke in die buurland bevestig hy het 126 verklarings van getuies ingesamel in verband met die Phala Phala-ondersoek. Dit is ‘n aansienlike toename vanaf die 46 wat verlede Augustus aangeteken is. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die Valke sal geen steen onaangeroer laat nie terwyl ondersoeke voortduur. Hy sê […]

Read More

Nigerië stel vandag se staatsverkiesing uit - March 11, 2023

Die Nigeriese verkiesingskommissie het die staatsverkiesing wat vir vandag geskeduleer is, uitgestel, weens probleme met die digitale stemstelsel. Dit volg te midde van ‘n geskil oor die afgehandelde presidents-verkiesing. Die kommissie het die vertraging toegeskryf aan probleme met die herprogrammering van die digitale stemstelsel, nadat internasionale kritiek geopper is omdat dit nie soos beloof, na […]

Read More

Copps 94.1 was bedrywig in Walvis en Windhoek - March 11, 2023

Die immergewilde Copps 94.1-program is Vrydagaand vanuit beide Windhoek en op Walvisbaai uitgesaai. Dit wil voorkom asof dinge aan die kus effe meer uitdagend is vir owerhede. Francois Lottering was op grondvlak by die see. En in die hoofstad, was Jean-Louis Knouwds aan diens en dinge was ook maar woelig.

Read More

Visverwerkings-fabriek open op Walvisbaai - March 10, 2023

‘n Visverwerkings-aanleg van 70 miljoen Namibiese dollar is deur die Namibiese minister van visserye en mariene Hulpbronne, Derek Klazen, by Walvisbaai ingewy. Die fabriek is die tweede fabriek wat Merlus Cormorant Fishing in die hawedorp oprig. Die nuwe fabriek, wat meer as 200 mense in diens het, verwerk daagliks 10 000 metrieke ton stokvis. Die […]

Read More

Opleidingskursusse vir Namibiese plaaswerkers - March 10, 2023

Die Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging sê daar word beplan om ‘n reeks opleidingskursusse vir Namibiese plaaswerkers aan te bied. Dit sluit in vir basiese plaasbestuur, veeproduksie vir beeste, skape, bokke, varke en pluimvee en basiese haasboerdery, hidroponiese gewasverbouing en akwa-kultuur, akkerbou en byeboerdery. Danie van Vuuren van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus Agra […]

Read More

SA besighede samel R100 miljoen teen beurtkrag in - March 10, 2023

Suid-Afrikaanse besighede in die privaatsektor het kragte saamgesnoer om sowat 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand in te samel om die regering te help om beurtkrag so gou as moontlik tot ‘n einde te bring. Die fondse is ingesamel onder leiding van die Hulpbron Mobilisasie-fonds, na ‘n oproep deur President Cyril Ramaphosa in Julie 2022, vir dringende […]

Read More

Skattejagter ontdek Middeleeuse munte met metaalverklikker - March 10, 2023

’n Nederlandse historikus het ’n unieke 1 000 jaar oue Middeleeuse skat gevind, bestaande uit vier goue oorbelle en 39 silwer munte, het die Nederlandse Nasionale Museum van Oudhede, die Rijksmuseum van Oudheden, aangekondig. Die 27-jarige Lorenzo Ruijter het gesê dat hy skattejag doen sedert hy tien jaar oud was. Hy het dié skat in […]

Read More

Geweld teen gesondheidswerkers veroordeel - March 10, 2023

Die Raad vir Gesondheidsberoepe in die buurland het die onlangse dade van geweld en intimidasie teen gesondheidswerkers veroordeel. Die raad sê die publiek het die reg tot toegang tot gesondheidsorg-geriewe as ‘n basiese mensereg. Die raad se president, Professor Simon Nemutandani, doen ‘n beroep op stakende Nehawu-werkers om selfbeheersing te beoefen en binne die grense […]

Read More