Optog in hoofstraat vandag, Amushelelo draai visier op Amupanda - March 1, 2023

Daar sal na verwagting ‘n protesoptog vandag in Onafhanklikheidslaan plaasvind. Die optog is beplan vanaf sewe-uur tot vyf-uur. Aktivis Michael Amushelelo en die ongeveer 500 kontrakwerkers van Stad Windhoek hou die protes. Die werkers soek vaste kontrakte. Intussen wil dit voorkom asof Amushelelo sy visier op Job Amupanda gedraai het. Hy het Amupanda direk aangevat […]

Read More

Esau is in privaathospitaal opgeneem - March 1, 2023

Fishrot-beskuldigde en voormalige visseryminister Bernhardt Esau is in ‘n privaathospitaal in die hoofstad opgeneem. Volgens wat berig word, is hy laat Dinsdagaand afgevoer. Dit kom na sy borgaansoek Dinsdagoggend in die hoërhof in Windhoek uitgestel is weens kommer oor sy gesondheid. Hy was lusteloos en verswak. Sy prokureur, wat uit goeie guns vir hom optree, […]

Read More

Fases vier en vyf duur tot môreoggend in SA - March 1, 2023

Eskom het aangekondig fase vier- en vyf-beurtkrag word vir die afsienbare toekoms ingestel. Die krisis-kommunikasiebestuurder, Menzi Mngomezulu, sê fase vier sal tot vanmiddag vier-uur duur, gevolg deur fase vyf tot vyf-uur môreoggend. Volgens hom het onklaarrakings by verskeie kragstasies tot die verhoging in beurtkragfases aanleiding gegee:

Read More

Die Oekraïne sal ‘n lid van Navo word – Stoltenberg - March 1, 2023

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê die Oekraïne sal op lang termyn ‘n lid van die alliansie word. Oekraïne het jare lank probeer om by die VSA-geleide militêre alliansie aan te sluit. Dit het ook dae ná die Russiese inval aansoek gedoen om lidmaatskap van die Europese Unie, en het in Junie verlede jaar kandidaatstatus verkry. Navo […]

Read More

Oranjerivier styg, pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund gesluit - February 28, 2023

Volgens die Hidrologiese Diens van Namibië styg die Oranjerivier se vlak by Blouputs vinnig en die hidrologiese stasie het vandag 8,55 meter aangeteken. Weens die oorstromings het die Namibiese Paaie-owerheid aangekondig dat die MR118-pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund gesluit is. Hoë vloei beweeg steeds in die Benede-Oranjerivier af, alhoewel die uitvloei van damme in Suid-Afrika stroom-op […]

Read More

Cyril: Geen beskermings vir kabinetsministers wat betrokke is by misdaad - February 28, 2023

President Cyril Ramaphosa sê sy kabinet sal niemand wat deel is van misdadige bedrywighede beskerm nie. Hy het gereageer op aantygings deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, oor misdaad-sindikate wat Eskom geplunder het met die beskerming van twee kabinetsministers. Ramaphosa het tydens die Ugandese president, Yoweri Museveni, se staatsbesoek op vrae […]

Read More

Afrika-bewaringstrust wil San-rotskuns beskerm - February 28, 2023

Die Afrika-bewaringstrust het ʼn vennootskap aangegaan met die Ukhahlamba Drakensbergpark-wêrelderfenis-gebied vir die bewaring van die rotskuns van die San, wat vroeë jagters-versamelaars was. Die gebied huisves die grootste versameling rotskuns-afbeeldings in KwaZulu-Natal. Die afbeeldings is betekenisvol vir die gebruik van ‘n geskakeerde polichroom-tegniek en gevorderde vaardighede. Volgens die trust val baie terreine ook buite die […]

Read More

Skietwerk vir drie dae op Swakopmund - February 28, 2023

Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk sal vanaf môre vir drie dae weer op die dorp plaasvind. McHughstraat sal tydelik tussen nege-uur soggens en vyf-uur die middag gesluit wees. Die skietwerk van Mawila Technical Services sal ongeveer 30 minute duur. Swaar masjinerie en konkstruksievoertuie sal materiaal aflaai vir die konstruksie van ‘n hoof-rioollyn. Geen ander voertuie sal […]

Read More

Kaapstad se werkloosheidsyfer die laagste - February 28, 2023

Stad Kaapstad se burgemeester Geordin-Hill Lewis sê die stad se pogings en inisiatiewe om soveel moontlik werkgeleenthede vir sy inwoners te skep, werp deurentyd vrugte af. Dit, nadat Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname vir die periode Oktober tot Desember 2022 getoon het dat die Moederstad se werkloosheidskoers steeds die laagste van al die ander stede […]

Read More

Trustco-groep trots op sy finansiële resultate - February 28, 2023

Die Trustco-groep het sterk finansiële resultate vir die 12 maande geëindig 31 Augustus 2022 gerapporteer, saam met sy 30ste opeenvolgende ongewysigde ouditverslag. Ten spyte van die herinstelling van ‘n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ten gunste van Next Capital, die beleggingsvoertuig van die Van Rooyen-familie, het Trustco ‘n toename in basiese verdienste van 276 […]

Read More