
Wes-Kaap kry interdik teen Nehawu - March 11, 2023
Die Arbeidshof in Kaapstad het ‘n interdik toegestaan aan die Department van Gesondheid en Welstand en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling teen betogende staatsamptenare wat lede is van die vakbond Nehawu. Hulle betoog oor ‘n loongeskil. Die week-lange Nehawu-verset het ook dienslewering ontwrig by verskeie staatsinstellings in ander provinsies en direk gelei tot die dood […]
Blinken op pad na Ethiopië, Niger - March 11, 2023
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sal volgende week na Ethiopië reis soos kommer voortduur oor die implementering van die vredesooreenkoms ná die konflik in die Tigray-streek wat tienduisende gedood het en miljoene ontwortel het. Blinken sal ook Niger, ‘n belangrike Amerikaanse veiligheidsvennoot, besoek. Dit sal die eerste besoek ooit aan Niger wees […]
Groot opwinding vir 45ste Kaapse Fietstoer – alles is gereed - March 11, 2023
Tien-duisende fietsryers neem môre deel aan die 45ste Kaapstadse Fietstoer. Dit strek gewoonlik oor 109-kilometers, en is die eerste byeenkoms buite Europa wat ingesluit is in die Union Cycliste Internationale se Golden Bike Series. Met soveel as 35 000 fietsryers wat deelneem, is dit die grootste individueel-tydberekende fietsren ter wêreld.
Verligting in Benede Oranje soos watervlakke daal - March 11, 2023
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê daar is verligting in die Benede Oranje nadat Blouputs se vlakke gedaal het tot 2,94 meter. Die watervlak was op 28 Februarie op 8,85 meter aangeteken. Meeste van die damme in die opvangsgebied in Suid-Afrika stel steeds water vry, maar vlakke het gedaal. Die Vaaldam is 102 persent vol en […]
Makwarela-chaos in Tshwane duur voort - March 11, 2023
Die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, sal Maandag ‘n raadsvergadering belê wat daarop gemik is om ‘n nuwe speaker te verkies, in ‘n poging om die metro weer bestendig te maak. Hy hoop ook die nuwe speaker sal vinnig ‘n vergadering belê vir die verkiesing van ‘n uitvoerende burgemeester, ná die bedanking van Murunwa Makwarela. […]
Amerikaners sal inligting oor Covid-oorsprong deklassifiseer - March 11, 2023
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het eenparig gestem om inligting te deklassifiseer oor ‘n moontlike verband tussen die Covid-19-pandemie en ‘n Chinese laboratorium waar die dodelike virus vermoedelik uitgelek het. Internasionale nuusagentskappe berig die Senaat het verlede week reeds gestem die direkteur van Nasionale Intelligensie Avril Haines moet die materiaal deklassifiseer, wat beteken die wetsontwerp […]
Wawrinka blyk om terug te wees - March 11, 2023
Die Switserse veteraan, Stanislas Wawrinka, sê hy is gereed vir aksie nadat hy beserings wat hom al lankal pla, afgeskud het. Die 37-jarige voormalige wenner van drie Grand Slam-toernooie is terug in die wêreld top 100 nadat hy die kwarteindstryde in Rotterdam en Marseilles gehaal het. Wawrinka het die tweede ronde by Indian Wells gehaal […]
Geingob sê Swapo moet agter Netumbo staan, loof die ouderlinge - March 11, 2023
President Hage Geingob het pas die vergadering van die sentrale komitee van die Swapo-party vanoggend amptelik geopen. Die doel van die vergadering is die verkiesing van lede van die sekretariaat wat verskeie portefeuljes, soos inligting en kommunikasie, verdediging en ekonomie, insluit. Hy het weer gewaarsku oor faksies in die party en ‘n beroep op die […]
Afrika-jeug moet goeie regering en leierskap op vasteland bou – Cyril - March 11, 2023
President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op Afrika se jongmense om etiese leierskap en goeie regering op die vasteland te ontwikkel. Tydens die hoofrede op die eerste Nelson Mandela Jeug Dialoog, het Ramaphosa jongmense daaraan herinner hulle is die outeurs van Afrika se groot toekoms. Die geleentheid het ‘n platform geskep vir interaksie tussen […]
Iran en Saoedi herstel verhoudings - March 11, 2023
Iran en Saoedi-Arabië het ingestem om verhoudings te herstel na jare van vyandigheid wat die bestendigheid en sekerheid in die Golf bedreig het en gehelp het om vyandighede aan te blaas in die Midde-Ooste, van Jemen tot Sirië. Daar word berig die ooreenkoms is aangekondig na vier dae se onderhadelings in Beijing wat nie voorheen […]