Atlete van Rusland en Belarus mag deelneem onder neutrale vlag - March 29, 2023

Die Internasionale Olimpiese Komitee het aanbeveel dat individuele atlete van Rusland en Belarus toegelaat word om onder ‘n neutrale vlag deel te neem. ‘n Besluit moet egter nog geneem word, oor of die atlete aan die komende 2024 Somerspele in Parys en die 2026 Winterspele in Milaan mag deelneem. Die IOK se aanbeveling kom in weerwil van […]

Read More

Mkhwebane sê sy is geskors oor Phala Phala-vrae - March 29, 2023

Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, getuig vandag verder voor die Artikel 194-ondersoekkomitee wat haar bevoegdheid vir haar amp moet bepaal. Sy het getuig dat sy glo haar skorsing is die gevolg van ‘n reeks vrae wat sy aan President Cyril Ramaphosa gestuur het oor die diefstal van buitelandse geld op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Mkhwebane hou vol sy is […]

Read More

Nuwe klaskamers is druppel in die emmer - March 29, 2023

Plaaslike media berig dat die onderwysministerie dringend 510 klaskamers landswyd moet oprig om die groeiende getal leerders te akkommodeer. Maar, terwyl daar beraam word dat die klaskamers teen die einde van die jaar voltooi sal wees, is dit blykbaar ‘n druppel in die emmer omdat amper 4 500 klaskamers nodig is. Maar, daar is nie geld nie. Die […]

Read More

SA-vakbonde aanvaar salarisaanbod vir staatsamptenare - March 29, 2023

Vakbonde in die openbare sektor in die buurland het die ANC-regering se hersiene salarisverhogings-aanbod van 7,5 persent oor die volgende twee jaar aanvaar ná ‘n aanvanklike aanbod van 4,7 persent. Dit volg nadat onderhandelings plaasgevind het om ‘n uitgerekte staking te voorkom. Die nasionale bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare, Claude Naicker, sê die meeste vakbonde wat verteenwoordig is, het die aanbod […]

Read More

40 migrante dood toe hulle sentrum self brandsteek - March 29, 2023

Minstens 40 mense is dood in ‘n brand wat by ‘n migrasiesentrum in Ciudad Juárez, ‘n Mexikaanse stad aan die grens met Amerika uitgebreek het. Agt-en-sestig mans van Sentraal- en Suid-Amerika was in die sentrum wat deur Mexiko se Nasionale Migrasie-instituut bedryf word toe die brand uitbreek. President Andrés Manuel López Obrador sê migrante het betoog en hulle matrasse aan die brand gesteek. […]

Read More

Energy boks in die Filippyne - March 29, 2023

Die Namibiese bokser Fillipus ‘Energy’ Nghitumbwa is op pad Filippyne toe om op 13 Mei in die kryt te klim teen John Riel Casimero. Nghitumbwa sal sy WBO super-bantamgewig-titel  teen die gevaarlike Casimero verdedig. Dit volg nadat Energy se geveg wat vir 15 Maart vir Australië geskeduleer was, afgelas is weens ‘n handbesering van sy Australiese teenstander, Luke Boyd. Energy se promotor en afrigter, Nestor Tobias sê dat hierdie geveg […]

Read More

Eskom & beurtkrag: Medupi het opsetlike ontwerpfoute - March 29, 2023

Die uitdagings met Eskom en beurtkrag blyk om in die buurland te verdiep. Die jongste berigte uit die buurland toon dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers waarskynlik die koste moet dra voor beurtkrag iets van die verlede is. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die kragstasies by Medupi en Matimbi aangedoen as deel van sy landwye besoeke. Hy het verklaar daar is opsetlike ontwerpfoute in die oprigting van die Medupi-kragstasie in Limpopo. ʼn […]

Read More

Ekonoom sê SARB sal rentekoers verhoog - March 29, 2023

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader vandag en kondig môre die buurland se repokoers aan. Suid-Afrikaanse ekonome en ontleders sê die land moet gereed maak vir nog ‘n rentekoers-verhoging. ‘n Verhoging van 25 basispunte word verwag. Dit sal die repokoers tot 7,5 persent neem, en die prima uitleenkoers na 11 persent. Sou dit plaasvind, […]

Read More

Amushelelo-hulle verskyn weer vandag - March 29, 2023

Daar is ‘n beroep op jeugdiges en aktiviste in die land gedoen om vanoggend om tien-uur op te ruk na die Katutura-laerhof om die twee aktiviste, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, sowel as die PDM-parlementslid, Inna Hengari te ondersteun. Hulle verskyn vandag vir die tweede keer na hulle op verskeie klagtes, wat minagting van die […]

Read More

Tucna sê baie kwessies moet onder die loep kom by SAOG-arbeidsvergadering - March 29, 2023

Die arbeidsministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal môre in Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo, vergader om vordering in die implementering van hul programme te hersien en standpunte in te neem oor strategiese arbeidskwessies in die wêreld. Die missie van SAOG is om volhoubare en billike ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling deur doeltreffende, produktiewe stelsels […]

Read More