Eerste maanbemanning volgende maand bekend - March 13, 2023

Nasa sal volgende maand sy eerste maan-bemanning in 50 jaar bekend maak. Die name van drie Amerikaanse ruimtevaarders en ‘n Kanadees van Nasa se Artemis II-maansending in 2024, sal op 3 April aan die wêreld onthul word. Die bemanning het reeds die afgelope 18 maande met opleiding vir die sending begin, maar hul identiteite het […]

Read More

OUTA sê regeringsrekord verduidelik nie ramptoestand nie - March 13, 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika sê regeringsrekords dui aan sommige van die mense met wie beraadslaag is oor die energieramptoestand, het nie die verklaring goedgekeur nie. Die regsprojek-bestuurder van die OUTA, Brendan Slade, sê die rekords verduidelik nie hoekom ‘n ramptoestand verklaar is nie. Slade sê hulle daag die besluit nou in die hof uit: 

Read More

Korridor-hoof gesels oor uitdagings - March 13, 2023

Die Walvisbaai Korridor-groep sê die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië moet hul sogenaamde droë hawens in Namibië ten volle benut. Volgens die groep se hoof uitvoerende beampte Mbahupu Tjivikua, kan dit slegs bereik word deur die vrag te vergroot. Hy sê dit is noodsaaklik vir die DRK om sy droë hawe op ‘n soortgelyke manier te ontwikkel as wat Botswana, […]

Read More

Gauteng het kommer oor grondbesettings - March 13, 2023

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het kommer uitgespreek oor die toename in vals kennisgewings en onwettige grondbesettings, gelei deur mense sonder beginsels. Die departement raai lede van die publiek aan om die kliëntesteunsentrums in hulle streke te besoek, indien hulle navraag wil doen oor hulle status op die behuisingwaglys. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hulle het besluit […]

Read More

Nuwe Skotse eerste minister sal deursigtig verkies word - March 13, 2023

Die Skotse Nasionale Party sê wie ook al die party se nuwe leier word, sal dit wees as gevolg van ‘n vrye, regverdige en goed georganiseerde verkiesingsproses. Dit volg nadat ‘n kandidaat in die verkiesing om SNP-leier te word, Ash Regan, gesê het daar is ‘n botsing van belange oor die betrokkenheid van Nicola Sturgeon se man […]

Read More

Ierland kort nog net een oorwinning vir Sesnasies Grand Slam - March 13, 2023

Ierland se afrigter, Andy Farrell, sê sy span se 22-7-oorwinning oor Skotland in hulle Sesnasies-kragmeting in Murrayfield was ‘n reusepoging. Drieë deur Mack Hansen, James Lowe en Jack Conan het Ierland ‘n agste agtereenvolgende oorwinning oor Skotland besorg. Engeland kom volgende week na Dublin en Ierland kort net een oorwinning om by vorige Grand Slam-pogings in te 1948, […]

Read More

Nehawu in Suid-Afrika gaan sy versetoptrede verskerp - March 13, 2023

Die Suid-Afrikaanse  gesondheidwerkersvakbond Nehawu het onderneem om hierdie week sy staking deur openbare gesondheidsorgwerkers te verskerp. Die staking is tot dusver gekenmerk deur intimidasie en aanranding van gesondheidsorgwerkers, en pasiënte is in sommige gevalle by hospitale weggewys. Mike Shingane van Nehawu sê meer instellings wat openbare gesondheidsdienste lewer, sal hierdie week geraak, word namate meer lede by die staking aansluit:   […]

Read More

Groot ontwikkelings aan die kus sal druk op paaie verhoog - March 13, 2023

Padvragvervoer sal na verwagting in die volgende jaar of twee skerp toeneem in Namibië, veral aan die kus. Die burgemeester van Arandis, Risto Kapenda, sê dat die ontginning van gips, wat in Julie vanjaar sal begin, nie net werksgeleenthede sal lewer nie maar ook vervoer sal ontwikkel. Die Namibiese groenhoutskool produksie-aanleg, ‘n belegging van België, wat in Augustus vanjaar ingehuldig word […]

Read More

EFF veroordeel kwytskelding van Ramaphosa oor Phala Phala - March 13, 2023

Die EFF het die waarnemende Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka se bevindinge verwerp wat President Cyril Ramaphosa vryspreek van wangedrag. Gcoleka sê Ramaphosa het nie onbehoorlik opgetree ná die voorval by sy wildsplaas in Limpopo in 2020 nie. In haar voorlopige verslag sê Gcoleka die president het na behore sy belange in sy boerdery verklaar. Sy het ook bevind ander aantygings teen Ramaphosa […]

Read More

Nog 3 Palestyne deur Israel se weermag doodgeskiet - March 13, 2023

Israeliese magte het drie gewapende Palestynse mans naby die stad Nablus doodgeskiet, nadat hulle gister losgebrand het op troepe in die besette Wesoewer. Die sterftes bring die aantal Palestyne wat sedert die begin van die jaar dood is op 80 te staan, sedert Israel se aanvalle in die Wesoewer verskerp het. Veertien mense is tot dusver vanjaar […]

Read More