Nelson Mandelabaai se inwoners moet eers water kook - March 1, 2023

Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap, Retief Odendaal, raai inwoners aan om kraanwater te kook voordat hulle dit drink. Die stad het deur boorgate meer water tot sy netwerk gevoeg om die voorraad regoor die stad aan te vul. Odendaal sê die toevoeging van rou grondwater in sy netwerkstelsel, lae damvlakke en […]

Read More

Sensus sal uiteindelik in Augustus begin, 13 000 aanstellings - March 1, 2023

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die 2023 behuisings- en bevolkingsensus sal vanjaar in Augustus plaasvind. Die karteringsfase is reeds afgehandel. Die sensus moes reeds begin verlede jaar plaasgevind het maar, daar was geen fondse toegeken in die begroting daarvoor nie en dus is dit gekanselleer. Die laaste sensus is in 2011 uitgevoer en sonder die data, is […]

Read More

Creecy hou haar woord oor tradisionele vissektore - March 1, 2023

Die buurland se omgewingsminister, Barbara Creecy, het haar belofte nagekom om appèlle in die tradisionale lynvissektore teen die einde van die maand af te handel voor die visvangseisoen vandag begin. Sy het ook appèlle afgehandel teen besluite van die aangewese owerheid in die Suidkus-kreefsektor wat in die Visvangregte-toewysingsproses van 2020/2021 vervat is. Die departement se […]

Read More

Tinubu as nuwe Nigeriese president verklaar - March 1, 2023

Nigerië se opposisiepartye, The Peoples Democratic Party en die Arbeidersparty, wil hê die presidensiële verkiesing moet geskrap word, en beweer die uitslae is gemanipuleer. Bola Ahmed Tinubu van die regerende party se All Progressives-kongres is vroeg vanoggend amptelik as wenner verklaar. Die opposisiepartye is krities oor die Onafhanklike Nasionale Verkiesingskommissie en sy hantering van die […]

Read More

Hancock het blykbaar nie geluister na raad oor Covid en ouetehuise nie - March 1, 2023

Die herrie is los in die Verenigde Koninkryk met die nuus dat die destydse gesondheidsminister Matt Hancock nie die raad van deskundiges in verband met Covid en ouetehuise ernstig opgeneem het nie en ook nie die nodige maatreëls ingestel het nie. Die land het groot uitdagings gehad met Covid in ouetehuise en duisende mense is […]

Read More

Weer in Marokko, Spanje veroorsaak tekort aan slaaigoed in VK - March 1, 2023

Daar is tans erge tekorte van veral tamaties, komkommer en blaarslaai in die Verenigde Koninkryk. Britse media berig dat talle winkels se rakke leeg is of, hoeveelhede word beperk. Een van die grootste verskaffers in Engeland, Iceland Foods, sê weerpatrone in Spanje en Marokko is die probleem. Richard Walker van die maatskappy het met Britse […]

Read More

Werkloosheid in Namibië bly ‘n bron van kommer, kenner sê dis korrupsie - March 1, 2023

Namibië het een van die hoogste werkloosheidsyfers in Afrika, dit staan tans op 50 persent. Gegradueerdes pleit by die regering om hulle te help om werk te kry. Die statistiek dui aan dat meer as die helfte van Namibië se ekonomies aktiewe bevolking nie in diens geneem sal word nie, wat beduidende sosiale, politieke en […]

Read More

Werksverliese in landbousektor wek kommer by AgriSA - March 1, 2023

AgriSA sê hy is bekommerd oor die afname in indiensnemingsyfers in die landbousektor in die buurland. Die bedryf het in die vierde kwartaal van verlede jaar 12 000 werksgeleenthede verloor. Die hoofbestuurder van AgriSA, Christo van der Rheede, sê dit is duidelik dat die gety is besig om te draai vir een van die land […]

Read More

Ghislaine wil skuldigbevinding laat omkeer - March 1, 2023

Die Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, het ‘n appèl ingedien om haar skuldigbevinding aan sekshandel te laat omkeer. Sy beweer aanklaers het haar in hulle visier gehad in plaas van haar eks-kêrel, die finansier, Jeffrey Epstein, en om openbare woede te sus. Die 61-jarige Maxwell dien tans tronkstraf van 20 jaar uit nadat sy in 2021  skuldig bevind is aan […]

Read More

Nadal onttrek uit VSA-kampioenskappe - March 1, 2023

Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, het hom aan die Indian Wells- en die Miami Ope-kampioenskappe onttrek omdat hy steeds nie van ‘n heupbesering herstel het nie. Die 36-jarige Nadal sou aanvanklik slegs ses tot agt weke buite aksie wees weens die besering wat hom in die Australiese Ope gepootjie het toe Mackenzie McDonald hom in die tweede ronde uitgeskakel het. Nadal sê hy oefen […]

Read More