
Amushelelo einde Mei terug in die hof - March 13, 2023
Die saak teen die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo op Walvisbaai is tot 29 Mei uitgestel. Die saak spruit uit ‘n protesoptrede wat Amushelelo op die kusdorp gereël het na ‘n werker van Shoprite selfmoord gepleeg het. Dinge het handuit geruk en hy is op verskeie klagte, onder meer dat hy die polisie verhinder het om […]
Afrika-leiers wen Xi geluk met sy oorwinning, maar hy was enigste kandidaat… - March 13, 2023
Afrika-leiers het die Chinese President Xi Jinping geluk gewens op sy oorwinning van ‘n derde ampstermyn. Xi was die enigste kandidaat wat vir die pos gestaan het. Nigerië se uitgaande President Muhammadu Buhari sê sy land sien uit na voortgesette samewerking met China in telekommunikasie, landbou en infrastruktuur. Gelukwensings het ook vanuit Liberië en Egipte […]
Arsenal bly bo-aan punteleer - March 13, 2023
Arsenal het sy vyf-punt voorsprong bo-aan die punteleer van die Engelse Premierliga met ‘n oorwinning van 3-0 teen Fulham behou. Die Gunners het goed reageer op Manchester City se naelskraapse oorwinning Saterdag met indrukwekkende aanvallende spel wat vir drie doele in die eerste helfte gesorg het. Die bestuurder Mikel Arteta was baie in sy skik […]
DA wil weet oor luukse Prasa-eiendomme - March 13, 2023
Die DA wil hê die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, en die Passasierspooragentskap se raad moet voor die Parlement verskyn om antwoorde te verskaf oor die vermeende misbruik van Prasa-eiendom. Prasa het ‘n interne ondersoek na sy voorsitter, Leonard Ramatlakane, gelas nadat hy na bewering met sy gesin in ‘n luukse woning ingetrek het wat aan die […]
Voertuigverkope: Beste vertoning sedert November ’18 - March 13, 2023
As die jongste voertuigeverkope ‘n aanduiding van ekonomiese herstel is, dat is daar op die oomblik ekonomiese herstel in die land. Daar is 1 103 nuwe voertuie in Februarie vanjaar verkoop teenoor 798 voertuie in Januarie en die 883 eenhede wat in Februarie verlede jaar aangeteken is. Volgens Cirrus, het verkope met amper 25 persent […]
Kaapstad skep werksgeleenthede in tekstielbedryf - March 13, 2023
Die Stad Kaapstad vier die afstudering van ‘n groep inwoners van die stad wat programme in Opkomende Leierskapontwikkeling en Spanleier-ontwikkeling voltooi het. Die stad het die programme finansier en jong personeellede van plaaslike vervaardigingsmaatskappye het opleiding in sakebestuur, konflikoplossing en soepel vervaardiging ontvang. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê daar is tans 23 […]
Cox’s Bazar-brand was sabotasie - March 13, 2023
Die brand wat sowat 2 800 skuilings in Rohingya verwoes en sowat 15 000 mense in die Cox’s Bazar-vlugtelingkamp in Bangladesh haweloos gelaat het, was sabotasie. Dis volgens die bevindings van ‘n paneel van sewe, wat gestig is om verlede Sondag se brand te ondersoek. Die paneel het vasgestel militante groepe het die brand gestig […]
BBC het nie so baie ondersteuning vir Lineker verwag nie - March 13, 2023
Die krisis met Gary Lineker en die BBC duur voort. Die kwessie het uitgekring met verskeie sportprogramme wat gekanselleer moes word omdat kollegas, ter ondersteuning van Lineker, geweier het om te werk. Die voormalige hoof van Channel 5 in Brittanje, David Elstein, sê dit was duidelik ‘n skok vir die BBC.
Spotify vier 5 jaar in SA, 21 miljoen speellyste in buurland geplaas - March 13, 2023
Die Sweedse oudio-stroomdiens, Spotify, vier vyf jaar sedert dit in 2019 in Suid-Afrika van stapel gestuur is. Volgens die besturende direkteur vir sub-Sahara Afrika, Jocelyne Muhutu-Remy, wil Spotify steeds meer plaaslike kunstenaars steun. Muhutu-Remy sê tot dusver is 21 miljoen speellyste deur Suid-Afrikaners op die platform geplaas, terwyl 304 musikante ontdek is. Sy sê die […]
Swapo-ouderlinge staan altyd saam - March 13, 2023
Die lof wat President Hage Geingob oor die naweek vir die ouderlinge van Swapo uitgespreek het, lok reaksie uit. Geingob het die ouderlinge uitgeroep by die party se sentrale komitee vergadering, ten spyte daarvan dat die party onder skoot kom omdat hy nie jonger partylede die kans gun om leierskap posisies in te neem nie. […]