Begroting van N$1,176 miljard vir stedelike en landelike ontwikkeling - March 30, 2023

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het vandag die goedkeuring van sy ministerie se begroting in die Nasionale Vergadering gevra. Die  begrotingstoekenning beloop 1,176 miljard. Uutoni het gesê daar sal op behuisingsontwikkeling, landelike ontwikkeling en die hersiening van wette oor tradisionele leiers en owerhede gefokus word.

Read More

De Ruyter sal voor Skoor verskyn - March 30, 2023

Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, het ingestem om voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, Skoor, te verskyn om bewerings van korrupsie, diefstal, wanbestuur en ander finansiële ongerymdhede by Eskom te verduidelik. Skoor het De Ruyter gevra om met die komitee in gesprek te tree. De Ruyter het ingestem om […]

Read More

Krieket: Eagles klop Jersey met agt paaltjies - March 30, 2023

Krieket: Namibië se Richelieu Eagles het vandag vir Jersey op die Wanderers-krieketvelde met agt paaltjies gewen met nog 107 balle oor. Jersey het gekies om eerste te kolf en het 213 lopies vir die verlies van nege paaltjies aangeteken. Die Eagles het geantwoord met 216 lopies met die verlies van slegs twee paaltjies. Namibiese speler […]

Read More

SA het minder vroue in plaaslike regering - March 30, 2023

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het sy kommer uitgespreek oor die afname in vroulike verteenwoordiging in plaaslike regering. Die persentasie vroulike verteenwoordigers het in 2021 se plaaslike regeringsverkiesing afgeneem tot 37 persent teenoor 41 persent in 2016. Die kommissie het vandag ‘n hoëvlak-bespreking in Johannesburg belê om struikelblokke te identifiseer en ‘n nuwe strategie vir geslagstransformasie […]

Read More

NSA en Namfisa deel finansiële sektor-data   - March 30, 2023

Die Namibië Statistieke-agentskap en die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor finansiële dienste data-uitruiling en ander gebiede van samewerking. Dit vestig die raamwerk vir samewerking wat sal verseker dat die twee organisasies finansiële sektor-statistieke sal bevorder met die ontwikkeling van nuwe metodes vir data-insameling, verwerking en aanbieding. Die […]

Read More

SA Reserwebank verhoog rentekoers na 7,75% - March 30, 2023

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ekonomie en ontleders geskok met ‘n verhoging van 50 basispunte vir die rentekoers. ‘n Verhoging van 25 basispunte is verwag. Dit bring die repokoers op 7,75 persent te staan. Die prima rentekoers waarteen banke geld aan verbruikers en ondernemings uitleen, is verhoog tot 11,25 persent. Dit is die eerste keer in […]

Read More

SA win regsmening in oor Putin - March 30, 2023

Die buurland minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het Suid-Afrika se vriendskap met Rusland bevestig. Die regering wil ‘n regsmening inwin oor hoe hy die Russiese President, Vladimir Putin, moet hanteer wanneer hy die land moontlik in Augustus besoek, ondanks ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming. Pandor het die Russiese minister van natuurlike hulpbronne, Alexander Lazlov, […]

Read More

Talle gered ná brand op veerboot by Filippyne - March 30, 2023

Minstens 28 mense is dood en 230 is gered na ‘n brand op ‘n passasiers-veerboot in die Filippyne. Die brand het oornag in van die veerboot se kajuite uitgebreek, terwyl die meeste passasiers geslaap het. Die slagoffers sluit minstens drie kinders in, onder wie een ‘n ses maande oue baba was. Amptenare het vroeër gesê […]

Read More

Wes-Kaap stel dagga-raamwerk bekend - March 30, 2023

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se Dagga-raamwerk en -inwerkingstellingsplan bekend gestel. Hierdie plan verskaf riglyne vir die vestiging van dagga of medisinale dagga en hennep in die provinsie. Meyer sê die CanPlan, wat in ooreenstemming is met die sleutel-doelwitte van die Nasionale Dagga-meesterplan, behoort by te dra tot ekonomiese ontwikkeling, […]

Read More

Kuberveiligheidstrategie kom vir Namibië - March 30, 2023

Die Namibiese inligtingsministerie gaan môre die Nasionale Kuberveiligheid-strategie van stapel stuur en daarmee saam ‘n bewusmakingsveldtog. Die strategie is verlede jaar deur die kabinet goedgekeur nadat Namibië toenemend kuber-aanvalle ervaar. Volgens die adjunkminister Emma Theofilus moet tegnologie-platforms teen kubermisdaad beskerm word wat ‘n negatiewe impak op ontwikkeling het. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte […]

Read More