
ENC kan nie duplikaat stemkaarte uitreik weens ‘vyandige situasie’ op Keetmans - May 14, 2023
Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het gesê hulle kon steeds nie begin met die uitreiking van duplikaat kiesersregistrasiekaarte nie weens die heersende vyandige situasie nie. Opposisiepartye onder leiding van die LPM betoog by die polisiestasie op Keetmanshoop weens beweerde ongerymdhede in die tussenverkiesing van die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling wat môre moet plaasvind. […]
VN: Sirië laat toegang toe by grensposte na Turkye - May 14, 2023
Die Verenigde Nasies het aangekondig Sirië het toegang, deur twee grensposte vir humanitêre bystand na die dele van Turkye wat deur die aardbewing getref is en deur rebelle beheer word, vir drie maande verleng. Sirië se minister van buitelandse sake het die besluit oorgedra, oor die gebruik van die Al Ra’ee en Bab Al-Salam-deurgange. Die […]
Van Kent: Namibiese universiteite is beroepsgerig - May 14, 2023
Namibiërs voer tans ‘n debat op sosiale media oor hoeveel gegradueerdes tans op straat is, omdat die land nie werksgeleenthede het nie. Sommige sê dit is omdat die studente ‘n kursus studeer het wat hulle nie toelaat om werk in die land te kry nie. Daar is menings dat die rede waarom Namibië ‘n krisis […]
Namibiese mans moet praat oor probleme - May 14, 2023
Erongo-goewerneur Neville Andre het mans landwyd aangemoedig om uit te reik vir ondersteuning met geestesgesondheidskwessies. Andre het die tweede byeenkoms van die Namibiese Nasionale Manskonferensie, wat op Swakopmund gehou is, toegespreek onder die tema ”Hou op om in stilte te ly en praat vir ‘n oplossing”. Andre sê geleenthede van hierdie aard is betekenisvol aangesien […]
Ramaphosa se ondersoek oor wapens geniet voorrang - May 14, 2023
Die spesiale adviseur oor Nasionale Sekerheid in die buurland, Sydney Mufamadi, sê President Cyril Ramaphosa se besluit om ‘n regter aan te stel om Amerika se aanspraak, dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het, te ondersoek, het voorrang en is van kritieke belang. Mufamadi, wat Ramaphosa se spesiale gesant was, het ‘n afvaardiging na die […]
Loreen van Swede wen Eurovision vir die tweede keer - May 14, 2023
Die Sweedse sanger Loreen het die gewilde Eurovision 2023 in Liverpool, Engeland gewen met die liedjie Tattoo. Dit het haar die eerste vrou gemaak wat die kompetisie twee keer kon wen. Die Finse kletsrymer, Käärijä, wat die Viewers’ Choice-toekenning gekry het, was tweede. Loreen is die enigste deelnemer, na Johnny Logan van Ierland, wat die […]
AR: Huurders steeds uitgebuit - May 14, 2023
Die Namibiese huurmark moet gereguleer word ten einde die uitbuiting van huurders deur verhuurders te voorkom, veral met die terugbetaling van deposito’s en rente op deposito’s. Die Affirmative Repositioning het verlede jaar ‘n beroep op die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gedoen om die Huurbeheer-wetsontwerp as ‘n dringende saak te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus […]
Inwoners van Wagdaar 41 op Swakop kry eienaar-sertifikate - May 14, 2023
Van Swakopmund se inwoners van informele nedersettings sal nou ordentlike behuising kan besit aangesien die munisipaliteit ‘n proses begin het waardeur grondeienaarskap aan hulle toegeken sal word. Die laekoste-behuisingsprojek vir inwoners van die informele nedersettings van DRC Proper en DRC Wagdaar is vanjaar begin. Die Swakopmund-munisipaliteit sal vanmiddag om drie-uur by die Veeldoelige Sentrum ‘n […]
Sikloon Macho op pad na Bangladesj en Mianmar - May 14, 2023
Sowat 400 000 mense in Bangladesj en Mianmar moes hulle huise ontruim weens die kragtige sikloon Macho wat die kusgebied van die lande bereik het. Windspoed van 210 kilometer per uur word verwag, wat golwe van tot vier meter kan veroorsaak. Na raming kan meer as twee miljoen mense in Mianmar geraak word. Die VN […]
Span Namibië wen tien medaljes by Wêreld-Para-atletiek in Italië - May 14, 2023
Namibiese atlete met gestremdhede het tien medaljes gewen op die openingsdag van die Wêreld-Para-atletiek Jesolo Grand Prix wat in Jesolo, Italië, plaasvind. Die vyfde ronde van die WPA Grand Prix word by die Armando Picchi-stadion gehou terwyl Para-atlete die 10de herdenking van die Grand Prix vier. Op die openingsdag van die kampioenskap het Namibië se […]