Klimaatsfonds se projekte word oorweeg, ondersoek - June 27, 2023

Drie lede van die Groen Klimaatsfonds se sekretariaat wat in Suid-Korea gesetel is, is tans in Namibië tot 6 Julie om projekte van die Omgewingsbelggings-fonds, die EIF, te besoek. Hulle sal na die streke van Erongo, Kunene en Otjozondjupa reis om die fonds se projekte waar te neem en aanbevelings oor toekomstige projekte te verskaf. […]

Read More

Rassekwota op waterlisensies ook deur TLU SA veroordeel - June 27, 2023

Die landbou-organisasie TLU SA sê die rasgebaseerde toekenning van waterlisensies vir die buurland se landbou sal verreikende gevolge inhou vir die sektor se volhoubaarheid. Die Departement van Water en Sanitasie het verlede maand konsepregulasies voorgestel vir die toekenning van waterlisensies. Een van die vereistes is dat waterlisensies vir landbou en bosbou net toegeken word aan instellings wat tussen 25  en […]

Read More

Pope sê aanvalstyl bly môre dieselfde op die As - June 27, 2023

Engeland se onderkaptein, Ollie Pope, sê hulle sal nie hul aanvalstyl verander vir hul tweede toets om die As wat môre teen Australië op Lords begin nie. Engeland het die eerste toets met twee paaltjies verloor. Die kaptein, Ben Stokes, het hewig onder kritiek deurgeloop omdat hy op die eerste dag van die toets verklaar […]

Read More

Besoedeling: Eskom het nie vrye teuels by Kusile nie - June 27, 2023

Die buurland se omgewingsdepartement sê Eskom moet maatreëls tref om skade te bekamp wat blootstelling aan swaweldioksied by werknemers en omliggende gemeenskappe veroorsaak. Dit moet onafhanklike gesondheidsifting insluit. Die Nasionale Luggehaltebeampte het onlangs aan die kragverskaffer goedkeuring gegee om minimum uitlaatgasstandaarde by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga te handhaaf. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê […]

Read More

Hoër lone speel kernrol in armoede-verligting - June 27, 2023

Presidentsvrou Monica Geingos sê daar is ‘n dringende behoefte vir die private sektor om aan werknemers noodsaaklike voordele te verskaf terwyl arbeidskenners werkgewers versoek om salarisse te betaal relatief tot die huidige ekonomiese situasie. Die onlangse verhoging van die repokoers deur die Bank van Namibië tot 7,75 persent het meer uitdagings tot die ekonomiese landskap […]

Read More

Vertragings in Mandela begrafnis-bedrog irriteer regter - June 27, 2023

Die sittende regter in die saak oor Nelson Mandela se begrafnis, Igna Stretch, het die verdediging en die aanklaers gekritiseer oor onnodige vertragings wat keer dat die saak vorder. Die voormalige Oos-Kaapse LUR vir Gesondheid, Sindiswa Gomba, en haar 11 medebeskuldigdes het na bewering saamgespan om die Buffalo City-munisipaliteit uit 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand te bedrieg […]

Read More

JPMorgan moet N$5,39 miljard aan Epstein-slagoffers betaal - June 27, 2023

‘n Regter in New York het voorlopig goedkeuring gegee vir JPMorgan Chase se skikking van 5,39 miljard Namibiese dollar aan slagoffers van die finansier, Jeffrey Epstein. Die slagoffers beskuldig die bank dat hy Epstein se gedrag geïgnoreer en steeds met hom sake gedoen het. Die slagoffers se prokureurs sê die skikking is regverdig, voldoende en redelik. Epstein, wat in 2008 skuldig bevind is dat hy […]

Read More

Billie Jean King kry Hollywood-ster - June 27, 2023

Die tennislegende Billie Jean King is vir Hollywood se Walk of Fame-groep vir 2024 benoem in die afdeling vir Sportvermaaklikheid. Die twaalfmalige Grand Slam-enkelspelkampioen sal die eerste vroue-atleet ooit wees wat dié besondere eer ontvang. King sluit aan by die Amerikaanse voetbalspeler en akteur Carl Weathers in die afdeling vir Sportvermaaklikheid. Sy sê sy is […]

Read More

Dis bibberweer in die Suide… - June 27, 2023

Dis bibberweer in Namibië maar in die verre Suide is dit bitter, bitter koud. Kosmos 94.1 Nuus het met Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau gesels. Hy sê hout vir die kaggel want hulle is dankbaar vir die reëntjie…

Read More

Windhoekers ruk op (Okahandja staan hulle by) - June 27, 2023

Inwoners van Katutura, sowel as die van Okahandja, hou vanoggend ‘n optog in die hoofstad, teen die munisipaliteit. Die optog handel oor die uitstaande skuld aan Stad Windhoek en die gepaardgaande stappe wat die Stad sê hy sal neem in die verband. Vernon Kharuchas, een van die inwoners en organiseerders het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More