
Behuising is ook ‘n reuse uitdaging in Brittanje - May 2, 2023
Behuising en huiseienaarskap is nie net plaaslik ‘n reuse uitdaging nie. In Brittanje, wat oral om beskou word as ‘n land met meer welvaart se huiseienaarskap daal. Net 11 persent word deur jongmense tussen die ouderdom van 25 tot 34 besit en dit styg effe na 15 persent vir mense tussen die ouderdom van 35 en […]
Gordon Lightfoot sterf op 84 - May 2, 2023
Gordon Lightfoot, die Kanadese sanger-liedjieskrywer, is dood op die ouderdom van 84. Hy was veral bekend vir folk-pop-treffers soos If You Could Read My Mind, Sundown en The Wreck of the Edmund Fitzgerald. Hy is wat berig word in ‘n Toronto-hospitaal dood maar die oorsaak is nie bekend nie. Hy is deur Bob Dylan ‘n “skaars talent” beskryf en verskeie kunstenaars het Lightfoot se liedjies gesing, insluitend Elvis Presley, Barbra Streisand, Harry Belafonte, Johnny Cash, Anne […]
Kaalvoet-atleet ontvang Whk-Gim beurs, afrigting - May 2, 2023
Namibië se sensasionele Mudi Inosensia Haingura, die 21-jarige nasionale 400- en 800-meter kampioen, gaan skool by Windhoek Gimnasium. Sy het verlede jaar, sonder ‘n afrigter of ‘n paar tekkies Namibië in Mauritius verteenwoordig. Daarna het sy ‘n atletiek-beurs van Gimnasium ontvang waar sy nou skoolgaan en afrigting ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Colette Rieckert, Gimnasium se besturende direkteur gesels.
Mens-dier konflik by nasionale vergadering bespreek - May 2, 2023
Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf 10 tot 12 Mei ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik in die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in kompensasie uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2027 is reeds gepubliseer […]
Huang en kie in Augustus op 1 676 klagtes verhoor - May 2, 2023
Die nou bekende belastingontduikingsaak waarby die omstrede Chinese sakeman en persoonlike vriend van President Hage Geingob, Jack Huang betrek word, sal op 17 Augustus in die hoërhof voor regter Christie Liebenberg voorkom. Huang, en sewe Chinese sakepersone, saam met Namibiër Laurensius Julius word by die 3,1 miljard Namibiese dollar saak betrek. Nog ‘n Chinese sakeman, […]
Savanna se sake vorder goed, Schneider gesels oor jongste - May 2, 2023
Sake vorder goed met die vestiging van Savanna Beef Namibia se bedrywighede. Die tenderproses vir die opknapping van Brukkaros by Keetmanshoop het einde Maart vanjaar gesluit en die maatskappy het ook verlede week met Meatco vergader om ‘n memorandum van verstandhouding te bespreek. Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis Waardeketting-forum, wat Savanna gestig het, […]
Henties-man steek homself per ongeluk dood - May 2, 2023
Die 32-jarige Dino Boois is Saterdag op Hentiesbaai dood na hy homself per abuis in die been met ‘n mes gesteek het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Boois en ‘n kollega skaak gespeel maar daar was ‘n misverstand en die twee het begin baklei. Boois het sy okapi-mes uitgehaal en die kollega het […]
Cosatu sal vanjaar fokus op hoër minimumloon - May 2, 2023
Die Congress of South African Trade Unions sê hy sal voortgaan om te druk vir ‘n hoër minimum-loon vir werkers. Die vakbondfederasie het Werkersdag in die Vrystaat gevier, en die 20ste herdenking van die tragiese heengaan van 51 munisipale werkers op die eerste Mei in 2003 gehuldig. Cosatu se president, Zingiswa Losi, sê hul fokus […]
Voedselonseker Namibiërs styg met 136 000 in 90 dae - May 2, 2023
Die Wêreldvoedselprogram monitor die voedselgebaseerde hanteringstrategieë in verskeie streke in die land en sê dinge lyk uiters kommerwekkend. Net meer as 95 persent van voedsel-onseker gemeenskappe kom uit ‘n handvol streke in die land wat Omusati op 29 persent insluit, sowel as Kavango Oos op 26 persent, Kavango Wes op 24 persent, Oshikoto op 23 […]
Beurtkrag: Fases vier en op, die week - May 2, 2023
Eskom sê weens die vertraging in die herstel van nege opwekkingseenhede, sal die fases van beurtkrag dié week uitgebrei word. Fase vier word vanaf vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag ingestel, waarna fase ses tot Woensdagoggend om vyf-uur sal geld. Dié skedule sal tot Donderdagoggend voortduur. Eskom se woordvoerder, Menzi Mngomezulu, het met die media gepraat.