Man wat wapen op Copps-span rig, in hegtenis geneem - June 3, 2023

Vrydagaand se Copps 94.1-program het weer die gevare waaraan die span hulle blootstel, blootgelê. Behalwe vir die normale dronkbestuur en geslagsgeweld as gevolg van drankmisbruik, is die span met ‘n wapen gedreig omdat hulle voor ‘n Windhoek-inwoner se huis parkeer het. Jean Louis Knouwds was aan diens.

Read More

LGBTQ-aktiviste gearresteer vir hul eie veiligheid, later vrygelaat – Nampol - June 3, 2023

Die Namibiese polisie sê in ‘n verklaring dat daar niks ernstigs aangemeld is tydens die verskillende landwye betogings teen gay-huwelike nie, afgesien van ‘n voorval wat in Windhoek plaasgevind het waarby vier pro-LGBTQ-mense in hetgenis geneem is. Die groepie het volgens Nampol-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, die koalisie se wettige optog teen gay-huwelike onderbreek terwyl hulle […]

Read More

Dodetal sal styg in Indiese-treinramp - June 3, 2023

‘n Reuse-treinongeluk in Indië se Odisha-staat het rondom 230 mense gedood met meer as 900 wat beseer is. Die ongeluk, die dodelikste in meer as ‘n dekade, het omstreeks sewe-uur Vrydagaand plaasgevind. Meer as 200 ambulanse is na die ongelukstoneel in Odisha se Balasore-distrik ontbied met ‘n 100 bykomende dokters, bo en behalwe die wat […]

Read More

Nienaber se vertrek raak nie voorbereidings vir Frankryk nie - June 3, 2023

Die Springbok-senter, Lukhanyo Am, sê die hoofafrigter, Jacques Nienaber, se vertrek na die Wêreldbekertoernooi sal nie ‘n uitwerking hê op hul voorbereidings om hul titel te verdedig nie. Nienaber beplan om ná die toernooi in Frankryk terug te keer na Ierland. Daar word bespiegel dat die direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, dan weer sal oorneem […]

Read More

Grensheining tussen Namibië en Botswana teen olifante beskerm - June 2, 2023

Die Vleisraad van Namibië het die aankoop van ongeveer 900 000 Namibiese dollar se kragtoevoer en ander bykomstighede goedgekeur om die Namibië-Botswana-grensheining teen olifant-indringing te beskerm. Die installering van die elektrifiserings-toerusting is steeds onderhewig aan ‘n behoorlike sekuriteits-kontrak met die regering wat met ‘n veiligheids-firma in die omgewing bevestig moet word. Olifant-indringing vanuit Botswana skep ‘n […]

Read More

Trustco verkoop gedeelte van sy portefeulje - June 2, 2023

Die Trustco-groep lig sy beleggers in oor sy strategiese besluit om ‘n gedeelte van sy belegging in sy bank- en finansierings-portefeulje te verkoop. Hierdie strategiese skuif strook met Trustco se algehele belegging-strategie en weerspieël die maatskappy se verbintenis om langtermyn beleggingsgroei aan te dryf en waarde vir sy beleggers te skep, sê die adjunk-uitvoerende hoof, QZ […]

Read More

Entrepreneurs in Katutura-Oos kry hupstoot - June 2, 2023

Altesaam 18 klein en medium ondernemings in die Katutura-Oos-kiesafdeling het toerusting van die Khomas-streek se Inkomste-genererende Aktiwiteits-program ontvang om hul besighede te verbeter en werk te skep. Die gelukkie ontvangers sluit in dié in die velde van skrynwerk, sweiswerk, naaldwerk, skoonheid, wegneem-etes, spyseniering en bak, en vroeë kinder-ontwikkeling. Die raadslid van die Katutura-Oos-kiesafdeling, Richard !Gaoseb, […]

Read More

Outa hof toe oor besoedeling van Gautengse riviere - June 2, 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het regstappe teen die Stad Johannesburg en Johannesburg Water ingestel vir die besoedeling van Gautengse riviere weens rioolstortings van Bushkoppies en Goudkoppies. Al was daar meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan herstelwerk en opgraderings bestee in die afgelope vyf jaar, duur die probleem voort. Ferrial Adam van Outa sê begrotings-dokumente […]

Read More

Aanvalle op e-taxi-bestuurders veroordeel - June 2, 2023

Gauteng se LUR vir vervoer en logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, is baie ontsteld oor die aanvalle op e-taxi-bestuurders en die uitbrand van motors by ‘n winkelsentrum in Soweto. Dit het na bewering konfrontasies behels tussen minibus-taxibestuurders en e-taxi-operateurs. Dit het daarop uitgeloop dat sewe voertuie uitgebrand of beskadig is. Diale-Tlabela moedig wetstoepassers aan om die skuldiges […]

Read More

NamPower: Venstertydperk vir afskryf van rente verby   - June 2, 2023

Dieselfde plaaslike owerhede in die Suide en Nored is steeds in die rooi by NamPower en het nog steeds nie hul rekenings vereffen nie. Cenored Okahandja, die Karas-streeksraad, die plaaslike owerhede van Lüderitz, Gochas, Witvlei en Gobabis het reeds hul rekeninge aan NamPower betaal, asook Stad Windhoek vir Groot Aub en Brakwater. Die kragvoorsiener, wat […]

Read More