ECN gereed vir môre se tussenverkiesing vir Keetmans-landelik - May 14, 2023

Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het in ‘n verklaring bevestig dat alles gereed is vir die tussenverkiesing van die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling wat môre sal plaasvind. Hy het in ‘n mediaverklaring gesê dat alle voertuie, toerusting en materiaal vandag by stempunte afgelewer sal word. Mujoro het bevestig dat slegs reeds geregistreerde kiesers […]

Read More

Amerikaanse ambassadeur se besoek in Noorde suksesvol - May 14, 2023

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië Randy Berry se amptelike besoek aan die noordelike streke word deur die ambassade as suksesvol beskryf. Die ambassadeur het met amptenare en vennote van die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs in gesprek getree in die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena. Berry het ook besoek afgelê by die […]

Read More

Opdraende stryd vir Erdogan vandag in Turkse verkiesing - May 14, 2023

Die President van Turkye, Tayyip Erdogan, sal na verwagting vandag ‘n opdraende stryd voer om sy presidentskap van twee dekades te behou. Die land se presidents- en parlementsverkiesings het vanoggend begin. Peilings bevoordeel Erdogan se teenstander, Kemal Kilicdaroglu. Indien een kandidaat nie ‘n volstrekte meerderheid kry nie, sal ‘n tweede ronde stemmery op 28 Mei […]

Read More

Rugby: Wanderers klop Grootfontein op sy tuisveld - May 14, 2023

Rugby: In die Namibiese Rugby-unie se premierliga het FNB Grootfontein op hul tuisveld naelskraaps teen FNB Wanderers verloor met die telling op 25-23. Op Walvisbaai het die  FNB Kudus vir FNB Western Suburbs met 41-10 verransel en op Rehoboth het FNB Rehoboth vir FNB Reho Falcon met 34-31 geklop. In die buurland het die Bulle […]

Read More

Reuse-soektog na vermiste Ariamsvlei-konstabel - May 14, 2023

Daar is geen nog spoor van konstabel Dominikus Swartbooi van die Ariamsvlei-polisiestasie wat al meer as ‘n maand vermis word nie. ‘n Soektog deur Span Soek Swartbooi is oor ‘n groot gebied van stapel gestuur, insluitend op plase by Ariamsvlei. Hy is van die Lüderitz-polisiestasie na Ariamsvlei oorgeplaas waarna hy op 4 April vermis geraak […]

Read More

Spanning tussen VSA en SA kan verreikende gevolge vir streek hê - May 14, 2023

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies Enoch Godongwana het toegegee dat dit verreikende gevolge sal inhou indien die VSA sanksies teen Suid-Afrika instel deur hom uit die Agoa-ooreenkoms te skop. Agoa is die Amerikaanse wet op Groei en Geleenthede in Afrika en het ten doel om Amerika se betrekkinge en steun op die vasteland uit te […]

Read More

Zelensky ontmoet pous Franciskus - May 14, 2023

Die President van Oekraïne Volodimir Zelensky het tydens ‘n besoek aan Rome pous Franciskus ontmoet. Berlyn het terselfdertyd ‘n reuse- nuwe wapenpakket ter waarde van ongeveer 21 miljard Namibiese dollar aangekondig voor ‘n verwagte teen-offensief deur Oekraïne. Zelensky het na wat berig word 40 minute saam met die 86-jarige pous deurgebring. Hy het vroeër die […]

Read More

Top-10 finaliste van Mej. Namibië aangewys, reëls onveranderd - May 14, 2023

Die top-tien finaliste van die Mej. Namibië 2023 is Saterdagaand in Windhoek aangekondig. Die wenner wat op 8 Julie op Swakopmund gekroon sal word, sal aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem. ‘n Storm het egter losgebars nadat Mej. Heelal aangekondig het dat getroude, geskeide en transgender vroue en ma’s nou toegelaat sal word om aan die […]

Read More

ECN se Mujoro ontken ongerymdhede by Keetmans-landelik se tussenverkiesing - May 14, 2023

Die hoofverkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië, Theo Mujoro, het die Landless Peoples’ Movement se bewerings van verkiesingsknoeiery in die Keetmanshoop landelike kiesafdeling se tussenverkiesing ten sterkste ontken. Hy ontken dat ECN-amptenare in die stoorkamer by die polisiestasie weggekruip het waar sensitiewe verkiesingsmateriaal en -toerusting by die aanklagkantoor gehou. Hy het sê dat die ECN […]

Read More

Cyril praat met Putin oor AU se vredesdialoog oor Oekraïnse oorlog - May 14, 2023

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande voer samesprekings oor die beste moontlike proses wat gevolg kan word om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Ramaphosa het Saterdag saam met die topleiers van die ANC verskillende partystrukture in KwaZulu-Natal besoek, onder die vaandel van die party se veldtog van vernuwing. Ramaphosa het tydens […]

Read More