Sonder groei kan munisipale rekeninge nie betaal word nie - May 17, 2023

Die Okahandja-munisipaliteit bly in die nuus met betoging ná betoging. Die afgelope weke en maande het die inwoners van die dorp bly betoog vir grond-toekennings. Die jongste nuus is dat die munisipaliteit deur die skuldinvorderaars Red Force eis dat die inwoners hul uitstaande water-rekeninge betaal. Dit is iets wat nie die meeste van die inwoners […]

Read More

Al Kaïda blykbaar gereed om Van Deventer vry te laat - May 17, 2023

Die humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers sê die terreur-groep wat die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, as gyselaar aanhou, het aangedui dat hulle bereid is om oor sy vrylating te onderhandel. Die terreurgroep, Al Kaïda, hou Van Deventer in Mali aan. Hy was ‘n paramedikus in Libië toe hy in 2017 ontvoer en aan Al […]

Read More

Swartsee-graanuitvoere uiters, uiters belangrik - May 17, 2023

Moskou dreig om die Swartsee graanuitvoer-ooreenkoms wat môre verval, te verlaat tensy daar aan ‘n lys eise voldoen word om struikelblokke vir sy eie graan- en kunsmisuitvoere uit die weg te ruim. Volgens owerhede in die Oekraïne kan alle uitvoere môre gestaak word omdat daar geen verdere samesprekings in die verband beplan word nie. Dit […]

Read More

Good Party wil basiese inkomstetoelaag hê - May 17, 2023

Die Good Party sê die voortslepende hoë werkloosheidsyfer wys miljoene Suid-Afrikaners sal nog jare lank in armoede vasgevang wees. Die land se werkloosheidsyfer het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Brett Herron van die Good Party sê die land het ‘n ekonomie nodig wat kan werk skep, maar intussen moet die maatskaplike sekerheidstelsel in geheel hersien word. Die eerste […]

Read More

40 nuwe Covid-gevalle aangemeld, 13,6% positiewe koers - May 17, 2023

Die Namibiese ministerie van gesondheid sê daar is tot en met 7 Mei, 40 nuwe Covid-gevalle uit 295 toetse bevestig. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 13,6 persent. Die hoeveelheid toetse het met 94 persent gestyg, vergeleke met die vorige week. Gevalle kom voor in ses streke wat Ohangwena, Oshikoto, Oshana en Hardap uitsluit. Volgens die ministerie is daar 33 van die 54 pasiënte in […]

Read More

Vryheid van media in Afrika, plaaslik, bespreek - May 17, 2023

Die tweede Afrika-mediakonvensie in Lusaka, Zambië, het erkenning gegee aan die stand van die media in Afrika. Afgevaardigdes by die konferensie het hul kommer uitgespreek oor toenemende gevalle van oortredings teen joernaliste en media-werkers in Afrika wat onder meer die regte op vryheid van uitdrukking en mening, toegang tot inligting, assosiasie en politieke deelname skaad. Die […]

Read More

Graad 6-leerders in SA kan ook nie met begrip lees nie - May 17, 2023

‘n DA-parlementslid, Bax Nodada, is bekommerd oor die leeskrisis in Suid-Afrika. Die jongste verslae van die studie oor die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheid toon 56 persent van leerders in graad 6 in Suid-Afrika kan nie met begrip lees wanneer hulle op die graad 4 Vordering in Internasionale Leesgeletterdheids-evaluering getoets word nie. Hy sê dit is kommerwekkend dat slegs een uit elke vyf […]

Read More

Teregstellings styg met 53% in 2022 - May 17, 2023

Die aantal teregstellings wat wêreldwyd in 2022 aangeteken is, was die hoogste in vyf jaar. Volgens Amnesty International is 883 mense in 20 lande tereggestel, wat ‘n styging van 53 persent verteenwoordig, vergeleke met die vorige jaar. Iran, Saoedi-Arabië en Egipte het 90 persent van die teregstellings uitgevoer. Die syfers sluit China uit, wat vermoedelik duisende elke jaar teregstel. Amnesty sê dat teregstellings in Noord-Korea, Viëtnam, Sirië en Afghanistan […]

Read More

Didiza bedank SA-boere vir werkskepping - May 17, 2023

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het die landbousektor se bydrae tot die land se werksgeleenthede geloof. Sowat 888 000 mense het in die eerste kwartaal vanjaar in die primêre landbousektor gewerk wat van kwartaal-tot-kwartaal 3 persent en van jaar-tot-jaar 5 persent meer is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dis ver bo die landbousektor […]

Read More

Eskom pas beurtkrag op Namibië toe - May 17, 2023

Die uitvoerende hoof van NamPower Simson Haulofu sê Eskom pas reeds ‘n geruime tyd beurtkrag op Namibië toe. Hy sê die maatskappy het geen vooraf waarskuwing daarvan gegee nie maar, dat die stap nie die bepalings van die kontrak oortree nie. Wanneer dit gebeur, koop NamPower elektrisiteit aan by die Suider-Afrikaanse kragpoel, wat uiters duur is. Volgens Haulofu koop die maatskappy 180 megawatt aan vanuit Zambië, […]

Read More