Dogtertjie, 3, dood na beurtkrag blykbaar asemhalingtoestel afskakel - May 30, 2023

Build One South Africa het ‘n klagte van strafbare manslag teen die regering aanhangig gemaak ná die dood van ‘n drie-jarige Johannesburgse meisie nadat haar asemhalingstoestel volgens berigte as gevolg van beurtkrag nie gewerk het nie. Die party het die klagte by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie ingedien. Build One SA se leier, Mmusi Maimane, sê bestendige kragtoevoer sou die tragedie kon voorkom: 

Read More

Swak rand kelder enige hoop vir brandstofprys-verligting, maar uitkoms onduidelik - May 30, 2023

‘n Namibiese ekonoom het sy verwagting oor die brandstofpryse gegee wat na verwagting vandag deur die ministerie van myne en energie bekend gemaak sal word. Die brandstof-hersieningskomitee vergader vandag om die brandstofpryse te bespreek waarna die aankondiging gemaak sal word. Mei se petrolprys het onveranderd gebly en diesel het met 80 sent per liter gedaal. […]

Read More

Shell verleng kontrak vir verdere boorwerk - May 30, 2023

Shell Namibia Upstream, die Namibiese filiaal van die Nederlandse olie-reus, het ‘n 1,7 miljard Namibiese dollar kontrak met Northern Ocean beklink om die Deepsea Bollsta-olieboor te benut vir verdere boorwerk. Die Noorweegse Odfjell Drilling doen die werk met die Deepsea Bollsta namens Northern Ocean. Die oorspronklike kontrak was vir ‘n jaar maar is nou verleng. Die […]

Read More

Vertragings in Imalwa se kantoor, noodsaak terugtrek van korrupsie-klagte - May 30, 2023

‘n Vertraging in die besluit van die aanklaer-generaal oor korrupsie-klagtes het die hof genoodsaak om die klagtes terug te trek, maande nadat hulle gelê is. Die twee mans, Lance Hauuanga en Steven Namalemo is daarvan beskuldig dat hulle hulself as amptenare van die Teenkorrupsie-kommissie voorgedoen het en gepoog het om betaling van 1,5 miljoen Namibiese dollar […]

Read More

SA-boere in Rusland blyk om ‘n mislukking te wees, meeste boere reeds weg - May 30, 2023

In 2018 het meer as 30 wit Suid-Afrikaanse boere en hul families na die suidelike streke van Rusland verhuis. Dit was nadat die Suid-Afrikaanse regering aangekondig het om die regering se grondgryp-inisiatief te bespoedig. Wit kommersiële boere het gevrees dat hulle hul grond sonder vergoeding gaan verloor en na Rusland en selfs die Oekraine uitgewyk. […]

Read More

Lady R: DA maak beswaar oor Surty se insluiting in ondersoek - May 30, 2023

Die DA sê hy maak beswaar teen die gewese adjunkminister van Basiese Onderwys, Enver Surty, se insluiting op die paneel wat die Russiese vaartuig, Lady R, ondersoek. Die boot het in Desember verlede jaar in Simonstad, Kaapstad, anker gegooi. Surty is deel van ‘n paneel van drie lede wat President Cyril Ramaphosa aangestel het om […]

Read More

GRN sal massa-behuisingsprojek voltooi - May 30, 2023

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê die regering het onderneem om die nou mislukte massa-behuisingsprojek te voltooi. Volgens hom, sal 111 huise teen einde Julie voltooi wees. New Era Investment is reeds in November verlede jaar aangestel om die 505 huise in die Erongo-streek te voltooi. Teen 2024 sal ‘n verdere 319 […]

Read More

Cholera: Water by Temba, Rooiwal nie op standaard nie - May 30, 2023

Die adjunkminister van Water en Sanitasie in Suid-Afrika, David Mahlobo, sê hy het voorlopige uitslae ontvang van watermonsters van die Rooiwal- en Temba-afvalwaterbehandelingsaanlegte in Tshwane. Dit volg na die cholera-uitbreking wat die lewens van 23 mense in Hammanskraal, noord van Pretoria, en een in die Vrystaat geëis het. Mahlobo sê voorlopige uitslae bevestig die watergehalte […]

Read More

Skuldperk-oorreenkoms môre in Kongres bespreek - May 30, 2023

Daar word verwag dat die Amerikaanse Kongres môre die skuldperk-ooreenkoms wat tussen President Joe Biden en die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy beklink is sal bespreek. Die Kongres moet dit deurvoer voor die sperdatum van 1 Junie wanneer die VSA sy betalings moet maak. Volgens Biden, voorsien hy geen probleme nie omdat die ooreenkoms regverdig is en […]

Read More

25 Navo-vredesmaglede in Kosovo beseer - May 30, 2023

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het aanvalle deur betogers in Kosovo, Serwië, waarin sowat 25 vredesmaglede beseer is, as totaal onaanvaarbaar beskryf. Die polisie en Navo-vredesmaglede het met Serwiese betogers in Kosovo slaags geraak wat in opstand is oor die aanstelling van burgemeesters wat van Albaniese oorsprong is. Navo doen ‘n beroep op alle kante om hulle […]

Read More