Vier banke bie vir First Republic in die VSA - May 1, 2023

Die Amerikaanse PNC Financial Services Group, JPMorgan Chase & Company en Citizens Financial Group Incorporated was van die banke wat gebie het om First Republic Bank oor te koop. Die uitslag moes reeds Sondagaand bekend gewees het maar die proses is vertraag. Die bank in San Fransisco, wat in kompetisie was met die Amerikaanse Silicon […]

Read More

Namibiese krieket- en rugbyspanne teken oorwinnings aan - May 1, 2023

Die Capricorn Eagles het hul wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate met 78 vir 8 gewen. Die Emirate het 50 vir 6 aangeteken en die wedstryd is volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode bepaal met ‘n oorwinning van 7 lopies vir die Namibiërs. Die wedstryd is deur swaar donderweer ‘n paar keer onderbreek. Die Eagles het tans 10 […]

Read More

NEFF veroordeel Okahandja-skietery - April 30, 2023

Die Namibiese Economic Freedom Fighters-party het hom sterk uitgespreek teenoor die skietery van die vyf vermeende rowers op Okahandja die week. In ‘n verklaring sê die party hy het kommer omdat die Namibiese polisie nog nie ‘n amptelike verklaring in verband met die insident uitegereik het nie – en doen ook nie so met ander […]

Read More

Kaapstad spreek winterrisiko’s aan - April 30, 2023

Die Stad Kaapstad sê die personeel van talle departemente maak deel uit van die wintertaakspan wat toesig hou oor risikobeperkingsmaatreëls met die winter wat op hande is. Die span berei ook voor vir die vereiste reaksie tydens die seisoen. Die taakspan word koördineer deur die stad se Ramprisiko-bestuurssentrum. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP […]

Read More

Gevegte in Sudan moet staak, demokrasie in gedrang - April 30, 2023

Burgerlike samelewingsgroepe in Sudan sê die samelewing sal gemilitariseer word en demokrasie sal wegval as gevegte in die streek nie onmiddellik gestaak word nie. Volgens hulle het die oorlog ook die fondamente van die burgerlike samelewing ontwortel. Die groepe het kragte saamgesnoer onder die tema: “Die burgerlike front vir die beëindiging van die oorlog en […]

Read More

Pous ontmoet Oekraïnse vlugtelinge in Hongarye - April 30, 2023

Pous Franciskus het op die tweede dag van sy besoek aan Hongarye vlugtelinge uit Oekraïne ontmoet. Nadat hulle gepraat het oor hulle ontberings sedert die oorlog uitgebreek het, het die pous aan hulle gesê ‘n beter toekoms is moontlik. Afgesien van ongeveer 600 vlugtelinge, het die pous ook armes en hawelose mense by ‘n kerk […]

Read More

NIP kanselleer 6 tenders – te duur - April 30, 2023

Die Namibiese Instituut vir Patologie het ses tenders gekanselleer omdat hulle te duur was. Dit sluit in die ontwikkeling van ‘n nuwe webtuiste, die diens en instandhouding van alarms en drie wat nooit geadverteer is nie – ‘n nuwe voertuig, skoonmaakmiddels en geskenkpakke vir personeel. Volgens die Tender Bulletin het die tenders vir die webtuiste […]

Read More

Almal wat bekend is, is ontruim uit Sudan - April 30, 2023

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê alle Suid-Afrikaanse burgers van wie hy weet het uit Sudan vertrek. Hulle sal na verwagting vandag op die OR Tambo Internasionale Lughawe aankom. Tien Suid-Afrikaners uit Sudan het reeds op die lughawe geland. Die woordvoerder van die departement, Clayson Monyela, sê sulke ontruimings is nie maklik nie […]

Read More

Mercedes-Benz sê hy kan nie bande met China sny nie - April 30, 2023

Om ekonomiese bande met China te sny is onrealisties. Dit is die standpunt van die uitvoerende hoof van die luukse motorvervaardiger Mercedes-Benz.  Ola Kaellenius sê om dit te probeer doen, sal die grootste deel van Duitsland se bedryf in gevaar stel. Europa probeer sy afhanklikheid van China verminder, aangesien die ontwrigting van die pandemie en […]

Read More

Stone of Destiny kom aan in Londen vir kroning - April 30, 2023

Die sogenaamde Stone of Destiny het in Londen aangekom vir koning Charles se kroningsplegtigheid volgende Saterdag. Dit staan ook bekend as die Stone of Scone, en is suid vervoer van die Edinburgh-kasteel af. Die stuk rots weeg 125-kilogram en word reeds amper ‘n duisend jaar lank gebruik by die inhuldiging van nuwe vorste. Britse media […]

Read More