Van Ryn-brandewyn as beste in Londen bekroon - May 30, 2023

Van Ryn se 15-jaar-oue potketelbrandewyn van Vlottenburg in Stellenbosch is op die 2023 Wêreld Brandewyn-toekennings in Londen as die Wêreld se Beste Wynhandelsmerk gekroon. Die toekennings erken en vier die hoogste gehalte brandewyne van regoor die wêreld. Die beoordelaars was beïndruk met die simfonie van aromas wat in Van Ryn se brandewyn gevind word en […]

Read More

Kganyago sê planne is in plek vir ineenstorting van kragnetwerk - May 30, 2023

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die bank se finansiëlesektor-gebeurlikheidsforum werk aan ‘n plan om die moontlike maar onwaarskynlike ineenstorting van die nasionale kragnetwerk te hanteer. Die bank het sy eerste uitgawe van die halfjaarlikse Finansiële Stabiliteitsoorsig vrygestel. Kganyago sê alhoewel dit onwaarskynlik is dat die netwerk ineenstort, verstaan die bank ook […]

Read More

Fleming is ingenome met die Kings se vertoning - May 30, 2023

Chennai Super Kings se afrigter, Stephen Fleming, het Ravindra Jadeja geloof nadat die veelsydige speler ‘n ses en ‘n vier van die laaste twee balle aangeteken het om die span sy vyfde Indiese Premiersliga-titel te besorg. Sai Sudharsan het vroeër 96 aangeteken vir Gujarat Titans, wat 214/4 behaal het voordat die spel deur reën ontwrig […]

Read More

GRN behoort geen nuwe tradisionele owerhede toe te laat nie - May 30, 2023

‘n Politieke ontleder het sy mening oor tradisionele leiers en die Wet op Tradisionele Owerhede gegee. Dit volg op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, wat van mening is dat daar te veel binnegevegte in tradisionele owerhede is. Sowat nege nuwe tradisionele owerhede het onlangs om erkenning aansoek gedoen. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

SA lewer groot mielieoes, genoeg om ook uit te voer - May 30, 2023

Die Landbou-besigheidskamer van Suid-Afrika, AgBiz, sê die land se mielievoorraad is genoeg om in die binnelandse behoefte van nagenoeg 11,4 miljoen ton te voorsien. Die Oesskattingskomitee het die land se oesvooruitskatting van verlede maand vir die 2022/2023-seisoen met 2 persent verhoog tot 16,1 miljoen ton. Dit is 5 persent meer as die 2021/2022-seisoen en die […]

Read More

Joernaliste wat op Amini se dood berig, se verhoor begin in Tehran - May 30, 2023

Iran het die eerste verhore van die twee vroulike joernaliste wat verlede jaar oor Mahsa Amini se dood in aanhouding berig het, gehou. Maande se landwye betogings het uitgebreek nadat die 22-jarige Amini, op 16 September gesterf het ná haar inhegtenisneming omdat sy na bewering die land se streng kleredragkode vir vroue oortree het. Die […]

Read More

Werkloosheid en voedselsekerheid in Gauteng kom onder die loep - May 30, 2023

Die DA in Gauteng sê toenemende werkloosheid in die provinsie verhoog die gevaar van voedselonsekerheid. In die eerste kwartaal vanjaar was net meer as 2 miljoen van Gauteng se inwoners werkloos terwyl meer as 500 000 nie meer werk soek nie. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê voedselinflasie het ‘n rekord-hoogtepunt van 13,4 persent bereik […]

Read More

Jeugwerkloosheid onder die loep in Noorde - May 30, 2023

Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het die week sy plaaslike openbare verhore oor die mosie oor jeugwerkloosheid in die Noordelike streke begin en vergader môre met jongmense op Rundu. Daarna kom Nkurenkuru aan die beurt met Eenhana wat op 3 Junie besoek sal word. Terwyl jeugwerkloosheid regoor die land ‘n groot […]

Read More

Gauteng se Onderwysdepartement moet sekuriteit by skole verskerp - May 30, 2023

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Onderwys die skoolveiligheidsplan hersien om die veiligheid van leerders en onderwysers buite die skoolterrein te verseker. Dit volg op die toenemende getal aanvalle en moorde op onderwysers en leerders regoor die provinsie. Khume Ramulifho van die DA sê in die jongste voorval is die 17-jarige […]

Read More

Weste reageer skerp op Uganda se gay wetgewing - May 30, 2023

President Yoweri Museveni van Uganda se besluit om die wêreld se strengste wet teen LGBTQ+ te onderteken, het wêreldwye kritiek uitgelok. Volgens die jongste berigte het Amerikaanse President Joe Biden opdrag gegee vir sy amptenare om ondersoek in te stel in verband met sanksies. Die VSA bestee ongeveer ‘n miljard Amerikaanse dollar jaarliks aan hulp […]

Read More