
Werkloosheid in SA moet nuwe oplossing kry - May 17, 2023
ActionSA sê Suid-Afrika se volgehoue hemelhoë werkloosheidsyfer beklemtoon die noodsaaklikheid dat die regering sy benadering tot die ekonomie moet verander en nuwe oplossings moet vind om werk te skep. Die land se werkloosheidskoers het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9 persent gestyg. Johann Krige van ActionSA sê ten spyte van herhaalde beloftes sedert 2018 om […]
Dresden-vyf is skuldig aan waaghalsige rooftog - May 17, 2023
Vyf mans is skuldig bevind aan die opspraakwekkende roof in Dresden in Duitsland in 2019. Die diewe het uiters kosbare en geskiedkundige juwele ter waarde van 113 miljoen euro, of 2,33 miljard Namibiese dollar, gesteel uit die stad se staatsmuseum. Die polisie het baie van die juwele teruggevind, insluitend ‘n swaard met diamante, maar daar word gevrees dat die res van die […]
Inter is (uiteindelik) deur na eindstryd in Kampioeneliga - May 17, 2023
Die driemalige wenners, Inter Milan, is die eerste keer in 13 jaar deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle AC Milan by San Siro met 1-0 verslaan het. Lautaro Martinez het die wendoel aangeteken, ná verlede week se oorwinning van twee doele in die eerste been. Simone Inzaghi se span kom op 10 Junie teen Real Madrid of Manchester City te staan in die eindstryd wat in Istanbul, Turkye, […]
Nog vordering in toegang tot chroniese medikasie - May 17, 2023
Namibië het verlede jaar 94 miljoen Amerikaanse dollar, gelykstaande aan 1,5 miljard Namibiese dollar, deur die Amerikaanse President se Pepfar-program ontvang om Namibië se MIV- en TB-voorkoming, sorg en behandeling te ondersteun. Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry het tydens die oorhandiging van 19 Pelebox Smart Locker-toestelle aan die gesondheidsministerie by die Katutura-hospitaal gesê dat anti-retrovirale medisyne nou gratis en meer toeganklik is vir […]
Mielieoes sal kleiner wees as verlede jaar - May 17, 2023
Met die swak en sporadiese reënseisoen in mielieproduksie-gebiede in Namibië, word nie ‘n groot oes verwag nie. Volgens data van die Akkerbouraad sal verlede jaar se oes beslis vanjaar s’n oorskry met wit mielies wat op sowat 85 000 ton vanjaar beraam word. Na verwagting sal 80 persent van wit mielies vanjaar uit besproeiingsgebiede kom. […]
Katrina se korrupsie-ondersoek ‘vorder goed’, agt jaar later - May 17, 2023
Plaaslike berigte lui dat die aanklaer-generaal nog moet besluit of die eertydse ministers Alpheus !Naruseb en Katrina Hanse-Himarwa vervolg sal word oor die toekenning van ’n hervestigingsplaas in die Hardap-streek aan Hanse-Himarwa se seun. Volgens berigte sê die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa dat die saak goed vorder – agt jaar sedert ondersoeke na […]
Verpleërs moet selfoonligte in gange gebruik, gloeilampe werk nie - May 17, 2023
Plaaslike media berig dat verpleërs by die Nankudu Distrikshospitaal in die Kavango Wes-streek hul selfoonligte moet gebruik as hulle in die hospitaal se gange gedurende die nag beweeg. Dit is blykbaar veral gevaarlik om na die lykshuis te gaan omdat dit stikdonker is. Die rede, volgens die berigte, is omdat daar geen gloeilampe in die […]
Kunsmatige intelligensie kort regulering – OpenAI-baas - May 17, 2023
OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, doen ‘n beroep op Amerikaanse wetgewers om kunsmatige intelligensie te reguleer en sodoende die voordele te verbeter maar gevare te bekamp. OpenAI is die maatskappy agter ChatGPT. Altman het voor ‘n Amerikaanse senaatkomitee getuig. Hy sê ‘n reeks veiligheidstandaarde moet gestel en ‘n spesifieke toets geslaag word voordat kunsmatige […]
SA se graad 4-leerlinge kan nie met begrip lees nie - May 17, 2023
Die Suid-Afrikaanse onderwysersvakbond Sadou is diep ontsteld oor die onlangse statistieke wat onthul dat 81 persent van graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, beklemtoon die behoefte aan bykomende opleiding om onderwysers met doeltreffende onderrigmetodes toe te rus. Hy glo belegging in onderwysers-opleiding sal ‘n deurslaggewende rol speel in die […]
Mandrax, kokaïen beslagleggings styg skerp - May 17, 2023
Die Namibiese polisie het in April beslag gelê op 1 589 Mandrax-tablette en 148 kilogram dagga. Daar was ook 147 gram kokaïen, met 52 stukkies kokaïen wat ook gevind is. Die beslagleggings is meer as die wat in Maart gedoen is met byvoorbeeld net 266 Mandrax-pille wat in Maart gevind is, sowel as 108 kilogram dagga […]