
Warriors vertrek vandag na Tanzanië - June 15, 2023
Die Namibiese span, die Brave Warriors, vertrek vandag na Dar Es Salaam in Tanzanië. Die span onder leiding van afrigter Collin Benjamin, sal volgende week Dinsdag teen Burundi te staan kom in die Afrikabeker Groep C-kwalifiserings-wedstryd. Die span wil ‘n welverdiende oorwinning behaal om te kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Benjamin gepraat, wat oortuig is sy […]
Die rand trek Namibië af, waarom is ons steeds gekoppel? - June 15, 2023
Met die swak Suid-Afrikaanse rand tesame met inflasie en stygende rentekoerse, moet Namibiërs hul gordels al hoe stywer intrek. Die jongste inflasie-syfers het skokkende stygings in voedselpryse blootgelê en die repokoers is ook verhoog. Ontledings toon dat die Suid-Afrikaanse rand sedert 2002 met 60,2 persent verswak het. Kosmos 94.1 Nuus het aan ekonoom Klaus Schade gevra hoekom ons steeds aan […]
So lyk Swapo en die PDM se boeke… - June 15, 2023
Die Verkiesingskommissie het streng regulasies in verband met die befondsing en bates van politieke partye en begin dit nou toepas. Tot dusver het beide Swapo en die PDM hulle finansiële state en bateregisters ingedien. Swapo het in 2022 68 miljoen Namibiese dollar in befondsing ontvang en 193 miljoen dollar verdien uit verskeie beleggings en meer. […]
Ministerie verduidelik verbod op uitvoere van litium en meer - June 15, 2023
Die ministerie van myne en energie het verduidelik waarom hy die kabinet versoek het om ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale te plaas. Volgens die ministerie is die grootste klagtes die tekort aan voordele vir die gemeenskap, asof die buitelanders eenvoudig inkom en die […]
Repokoers is nog ‘n baba in vergelyking met vorige jare - June 15, 2023
Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die huidige siklus van rentekoersverhogings is die derde vinnigste wat in die land aangeteken is. Die langste periode was tussen 1994 en 1997 waar die rentekoers met 300 basispunte gelig is. Die kortste een was in 1998 tussen Mei en November waar die koers met 350 basispunte, of 3,5 persent […]
Pence sê hy kan nie Trump verdedig in dokumente-saak nie - June 15, 2023
Amerika se gewese visepresident Mike Pence sê hy kan nie die ernstige bewerings teen oudpresident Donald Trump verdedig nie. Trump het onskuldig gepleit op al 37 aanklagte oor sy beweerde verkeerde hantering van geklassifiseerde dokumente. Trump is die heel eerste Amerikaanse president met federale strafregtelike klagte teen hom. Pence, wat vier jaar lank Trump se […]
Beurtkrag-siklus bly dieselfde in SA - June 15, 2023
Eskom het aangekondig hy gaan voort met die opskorting van beurtkrag in die buurland om middernag. Die patroon is sedert die begin van die week in werking. Volgens die nutsdiens se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, het die stelsel aansienlike verbetering getoon:
Keetmans-polisieman vas vir aanranding van sy vrou - June 15, 2023
Kommer heers oor Namibiese polisielede wat by geslagsgeweld betrokke is terwyl dit hul mandaat is om slagoffers daarteen moet beskerm. ‘n Polisiespeurder, inspekteur Abram Kaiser, sal vandag weer in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn op ‘n klag van gesinsgeweld. Kaiser is gearresteer op aanklag van aanranding deur ‘n dreigement omdat hy na bewering gedreig het om sy […]
ANC-regering wil grondhervorming versnel - June 15, 2023
Suid-Afrikaanse adjunk-president Paul Mashatile sê die ANC-regering is daartoe verbind om die pas van grondhervorming te versnel om mense se lewens veral in landelike gebiede te verbeter. Hy het in die Nasionale Raad van Provinsies geantwoord en gesê 552 000 huishoudings het voordeel getrek uit grondhervormingsprogramme. Dit sluit 174 000 in met ‘n vrou as […]
Federale Reserwebank hou rentekoers onveranderd, dollar styg effe - June 15, 2023
Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy rentekoers onveranderd gehou op tussen 5 en 5,25 persent. Dit is die eerste keer in tien siklusse waar rentekoerse elke keer verhoog is. Die voorsitter van die bank Jerome Powell sê sake lyk bestendig alhoewel die impak van die verhogings nog nie heeltemal gewerk het nie. Die Amerikaanse dollar […]