
Plaaslike owerhede moet bekwaam, professioneel wees - June 3, 2023
Die ANC-regering word gevra om plaaslike owerhede te professionaliseer vir doeltreffende dienslewering, om korrupsie uit te roei en vir die verbetering van bedryfsdoeltreffendheid. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het vandeesweek dié oproep tot aksie gerig toe sy die plaaslike regerings-oudit-uitkomste voor die parlement se portefeuljekomitee ter tafel gelê het. Maluleke vra ‘n kultuur van behoorlike leierskap, […]
Brics-bank verwelkom drie nuwe lede - June 3, 2023
Die Brics-beraad van ministers van buitelandse sake sluit vandag af in Kaapstad. Die groep het aangekondig dat die beraad van staatshoofde, wat in Augustus sal plaasvind en moontlik die teenwoordigheid van Russiese President Vladimir Putin insluit, sal in Johannesburg gehou word. Intussen word daar uit die buurland berig dat die Brics Ontwikkelingsbank, wat deur die […]
Prigozhin sê Russiese weermag wou sy troepe opblaas - June 3, 2023
Die Russiese huursoldaatbaas Yevgeny Prigozhin, wat al maande lank met die top militêre leiers in Rusland stry, het pro-Moskou-magte daarvan beskuldig dat hulle probeer het om sy manskappe aan te val. Prigozhin se Wagner-groep se troepe het grootliks teruggetrek uit die oostelike Oekraïense dorp Bakhmut, en hul posisies aan gewone Russiese magte oorgegee. Hy sê […]
Bedrieërs teiken NamPower se skuldinvordering - June 3, 2023
NamPower sê dit het onder sy aandag gekom dat bedrieërs sy skuldinvorderingsplan gebruik om bedrog te pleeg. In ‘n verklaring sê die maatskappy dat kliënte geskakel word en ingelig word hulle rekening is agterstallig. ‘n Betaling moet onmiddellik gemaak word om te verhoed dat hulle toevoer afgesny word. NamPower sê die oproepe kom nie van […]
Masisi sê Namibië en Botswana is een - June 3, 2023
Botswana het by Charles Hill die Ovaherero Otjiserandu Kulturele Fees gehou. Daar is ‘n groot Ovaherero bevolking in die buurland, hoofsaaklik as gevolg van die volksmoord tussen 1904 en 1908 toe lede van die stam die Duitse uitwissingsbevel gevlug het. Daar is ook tot op hede, noue samewerking tussen die gemeenskap en die Omaheke-streeksraad. Botswana […]
Cholera is as gevolg van reaktiewe optrede… - June 3, 2023
Die Progressive Health Forum in Suid-Afrika het die ANC-regering gekritiseer oor sy reaktiewe benadering tot die cholera-uitbreking, in plaas van proaktiewe optrede. Die sameroeper van die forum, Aslam Dasoo, sê dit het ‘n ramp gekos vir die regering om op te tree, ondanks die Departement van Gesondheid se pogings om die siekte te beperk. Dasoo […]
Fotograaf dagvaar Ye vir aanranding - June 3, 2023
’n Fotograaf wat beweer Kanye West het haar selfoon in ’n konfrontasie op die grond gegooi, dagvaar hom vir aanranding. Nichol Lechmanik sê die kunstenaar, wat nou formeel bekend staan as Ye, het haar groot geestelike en emosionele pyn tydens die insident wat in Januarie plaasgevind het, veroorsaak. Die regsgeding sê Lechmanik het foto’s van […]
Finbond-transaksie in lyn met Trustco se strategie - June 3, 2023
Die adjunk-uitvoerende hoof van die Trustco-groep, QZ van Rooyen, sê die maatskappy het ‘n strategiese besluit geneem om ‘n gedeelte van sy belegging in sy bank- en finansierings-portefeulje aan Finbond te verkoop. As deel van hierdie strategiese inisiatief sal Finbond 49 persent-eienaarskap in Trustco Finance, bekend as die Finbond-transaksie, verkry. Hierdie strategiese skuif strook met […]
ANC-regering moet sy verpligting rakende puttoilette nakom - June 3, 2023
Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep Section 27 doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om sy verbintenis tot die uitwissing van puttoilette in openbare skole na te kom. Ramaphosa het onlangs erken ongeveer 750 skole regoor die land benodig steeds veilige toilet- en sanitasiegeriewe. Hy het ‘n plan uiteengesit om puttoilette in oorblywende skole teen die einde […]
Trump se Georgia-ondersoek word landswyd uitgebrei - June 3, 2023
Die ondersoek in die Amerikaanse deelstaat van Georgia na of die voormalige Republikeinse President Donald Trump probeer het om sy verlies in die deelstaat se presidensiële verkiesing in 2020 om te keer, het uitgebrei na aktiwiteite buite Georgia. Fulton County se aanklaer het die twee jaar lange ondersoek uitgebrei om Trump se aanstelling van twee […]