Stad Tshwane diep in die skuld by Eskom - June 14, 2023

Stad Tshwane is diep in die skuld by Eskom. Die skuld in Junie het gestyg tot net minder as 1,9 miljard Suid-Afrikaanse rand. Eskom het die Mei-faktuur van 904 miljoen rand wat op 17 Junie betaalbaar is aan die Stad uitgereik. Die kragvoorsiener sê hy het by verskeie geleenthede met die Stad gesels oor sy […]

Read More

Gewilde skrywer stel publisering van boek weens Rusland uit - June 14, 2023

Die gewilde skrywer, Elizabeth Gilbert, het op haar sosiale media bekend gemaak dat sy die publisering van haar jongste boek, The Snow Forest, onvoorwaardelik uitstel. Die nuwe boek speel af in Siberië. Volgens Gilbert het baie van haar lesers en ondersteuners ontevredenheid uitgespreek oor die boek in Rusland afspeel, juis teen die agtergrond van die […]

Read More

Veiling van 40 krokodille bevraagteken - June 14, 2023

‘n Oud-natuurbewaarder en lodge-eienaar langs die Okavangorivier het sy reaksie gegee op die Namibiese omgewingsministerie se voorneme om 40 krokodille op ‘n openbare veiling te verkoop. Krokodille is ‘n groot oorsaak vir mens-dier-konflik in die noordoostelike riviere van die Okavango en Zambezi. Sedert 2019 het die ministerie 2,3 miljoen Namibiese dollar aan vergoeding betaal weens […]

Read More

Gerco van Deventer se vrylating word oorweeg - June 14, 2023

ʼn Onderhandelaar vir Gift of the Givers het bevestiging ontvang van die ontvoerders van die Suid-Afrikaanse gyselaar, Gerco van Deventer, dat sy onvoorwaardelike vrylating oorweeg word. Die onderhandelaar, Mohamed Yehia Dicko, is in Mali waar die paramedikus, van Swellendam in die Wes-Kaap, aangehou word nadat hy in November 2017 in Libië ontvoer is. Die humanitêre […]

Read More

Sikloon Biparjoy op pad na Indië, Pakistan - June 14, 2023

Tienduisende mense in Indië en Pakistan moes hul huise ontruim terwyl ‘n hewige sikloon na die lande onderweg is. Sewe mense is reeds in Indië dood te midde van swaar reën, sterk wind en rowwe seetoestande. Die sikloon Biparjoy sal na verwagting môreaand die Kutch-distrik in Indië se Gujarat-staat tref. Die regering van Gujarat sê […]

Read More

Sokker: Clive Barker môre in Durban begrawe - June 14, 2023

Sokker: President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale provinsiale kategorie 2 begrafnis aan die voormalige Bafana Bafana-afrigter, Clive Barker toegestaan. Die 78-jarige Barker is die naweek na ‘n siekbed oorlede. Bafana Bafana het onder sy leierskap die Afrika Nasiesbeker in 1996 gewen en in 1998 vir die eerste keer vir die Fifa-wêreldbeker gekwalifiseer. Die begrafnis vind […]

Read More

Namibiese Aandelebeurs word lid van wêreldliggaam - June 14, 2023

Die Namibiese Aandelebeurs, die NSX, is toegelaat as ‘n volle lid van die World Federation of Exchanges, een van slegs 12 aandelebeurse in Afrika met hierdie status. Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van NSX sê volledige lidmaatskap van die wêreldliggaam sal verder bydra tot die NSX se visie van ekonomiese groei en welvaart. Hy sê dit […]

Read More

Mudge: Uitstel van LP-lede se bateverklarings ‘n grap - June 14, 2023

Reaksie is van die oud-parlementslid Henk Mudge ontvang na aanleiding van die nuus dat parlementslede die verklaring van hul bates uitgestel het. Parlementslede moet teen 30 April jaarliks hul bates en belange by die sekretaris van die Nasionale Vergadering indien maar, dit is vanjaar uitgestel. Volgens die Nasionale Vergadering is die sperdatum tot 30 Junie […]

Read More

Mededingingskommissie kry klagtes oor vier banke - June 14, 2023

Die Namibiese Mededingings-kommissie het klagtes van die eiendomswaardasie-bedryf ontvang oor bewerings dat vier handelsbanke se optrede toegangs-versperrings skep vir eksterne waardeerders wat nie deel is van hierdie banke se eiendoms-waardeerders-panele nie. Die kommissie het ‘n klag van ontvang wat beweer dat die vier banke, Bank Windhoek, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank, soms van […]

Read More

Britse dokters gaan voort met staking - June 14, 2023

Owerhede in Engeland het ʼn waarskuwing aan pasiënte uitgereik oor ʼn moontlike ontwrigting van gesondheidsorgdienste weens ʼn staking van 72 uur deur dokters in hospitale. Die staking word gelei deur die komitee van junior dokters van die Britse Mediese Vereniging en eis salarisverhogings van 35 persent wat tred hou met inflasie. Die regering sê egter […]

Read More