Prigozhin sê Russiese weermag wou sy troepe opblaas - June 3, 2023

Die Russiese huursoldaatbaas Yevgeny Prigozhin, wat al maande lank met die top militêre leiers in Rusland stry, het pro-Moskou-magte daarvan beskuldig dat hulle probeer het om sy manskappe aan te val. Prigozhin se Wagner-groep se troepe het grootliks teruggetrek uit die oostelike Oekraïense dorp Bakhmut, en hul posisies aan gewone Russiese magte oorgegee. Hy sê […]

Read More

Bedrieërs teiken NamPower se skuldinvordering - June 3, 2023

NamPower sê dit het onder sy aandag gekom dat bedrieërs sy skuldinvorderingsplan gebruik om bedrog te pleeg. In ‘n verklaring sê die maatskappy dat kliënte geskakel word en ingelig word hulle rekening is agterstallig. ‘n Betaling moet onmiddellik gemaak word om te verhoed dat hulle toevoer afgesny word. NamPower sê die oproepe kom nie van […]

Read More

Masisi sê Namibië en Botswana is een - June 3, 2023

Botswana het by Charles Hill die Ovaherero Otjiserandu Kulturele Fees gehou. Daar is ‘n groot Ovaherero bevolking in die buurland, hoofsaaklik as gevolg van die volksmoord tussen 1904 en 1908 toe lede van die stam die Duitse uitwissingsbevel gevlug het. Daar is ook tot op hede, noue samewerking tussen die gemeenskap en die Omaheke-streeksraad. Botswana […]

Read More

Cholera is as gevolg van reaktiewe optrede… - June 3, 2023

Die Progressive Health Forum in Suid-Afrika het die ANC-regering gekritiseer oor sy reaktiewe benadering tot die cholera-uitbreking, in plaas van proaktiewe optrede. Die sameroeper van die forum, Aslam Dasoo, sê dit het ‘n ramp gekos vir die regering om op te tree, ondanks die Departement van Gesondheid se pogings om die siekte te beperk. Dasoo […]

Read More

Fotograaf dagvaar Ye vir aanranding - June 3, 2023

’n Fotograaf wat beweer Kanye West het haar selfoon in ’n konfrontasie op die grond gegooi, dagvaar hom vir aanranding. Nichol Lechmanik sê die kunstenaar, wat nou formeel bekend staan as Ye, het haar groot geestelike en emosionele pyn tydens die insident wat in Januarie plaasgevind het,  veroorsaak. Die regsgeding sê Lechmanik het foto’s van […]

Read More

Finbond-transaksie in lyn met Trustco se strategie - June 3, 2023

Die adjunk-uitvoerende hoof van die Trustco-groep, QZ van Rooyen, sê die maatskappy het ‘n strategiese besluit geneem om ‘n gedeelte van sy belegging in sy bank- en finansierings-portefeulje aan Finbond te verkoop. As deel van hierdie strategiese inisiatief sal Finbond 49 persent-eienaarskap in Trustco Finance, bekend as die Finbond-transaksie, verkry. Hierdie strategiese skuif strook met […]

Read More

ANC-regering moet sy verpligting rakende puttoilette nakom - June 3, 2023

Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep Section 27 doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om sy verbintenis tot die uitwissing van puttoilette in openbare skole na te kom. Ramaphosa het onlangs erken ongeveer 750 skole regoor die land benodig steeds veilige toilet- en sanitasiegeriewe. Hy het ‘n plan uiteengesit om puttoilette in oorblywende skole teen die einde […]

Read More

Trump se Georgia-ondersoek word landswyd uitgebrei - June 3, 2023

Die ondersoek in die Amerikaanse deelstaat van Georgia na of die voormalige Republikeinse President Donald Trump probeer het om sy verlies in die deelstaat se presidensiële verkiesing in 2020 om te keer, het uitgebrei na aktiwiteite buite Georgia. Fulton County se aanklaer het die twee jaar lange ondersoek uitgebrei om Trump se aanstelling van twee […]

Read More

Derde ronde op Roland Garros vandag beslis - June 3, 2023

Die laaste wedstryde in die derde ronde van die Franse Ope word vandag op Roland Garros beslis. Vrydag het die jong Italianer, Lorenzo Sonego, ‘n opskudding veroorsaak toe hy die sewende-gekeurde Rus, Andrey Rublev, uitgeskakel het. Die wedstryd is eers in die vyfde stel beslis. Nóg ‘n Rus, die 11de-gekeurde Karen Khachanov, het Thanasi Kokkinakis […]

Read More

Positiewe koers vir Covid op 38%, twee sterftes - June 3, 2023

Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan. Daar is 132 nuwe gevalle bevestig uit 384 toetse. Twee sterftes is ook aangemeld. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Khomas […]

Read More