
KZN moet voorberei op klimaatsverandering - July 3, 2023
Die DA in KwaZulu-Natal sê die erge oorstromings in April verlede jaar, sowel as die jongste uiterste weerstoestande verlede week, benadruk weer eens die dringende behoefte aan daadwerklike klimaatsoptrede. Sewe mense is dood in die storm in die provinsie verlede Dinsdag. Die DA-lid, Hannah Shameema Winkler, sê dit is noodsaaklik dat munisipaliteite regdeur die land […]
Geen datum vir aankondiging van nuwe hoofverkiesingsbeampte nie - July 3, 2023
Die Verkiesingskommissie het geen datum vasgestel vir die bekendmaking van sy nuwe hoofverkiesingsbeampte nie. Onderhoude met vyf kandidate is Vrydag suksesvol afgehandel met dr. Michael Tjivikua, wat gediskwalifiseer is as gevolg van sy bande met die regerende party, Swapo. Volgens wat berig word was hy ‘n lid van die Swapo-dinkskrum tot 2021 en hy het […]
Gevegte in Sudan duur voort - July 3, 2023
Gevegte tussen Sudan se weermag en Rapid Support Forces het verskerp soos die oorlog sy 12de week binne gaan met geen vredespogings in sig nie. Lug- en artillerieaanvalle sowel as vuurwapens kon in die stad Omdurman, sowel as in die hoofstad Khartoem gehoor word. Die Rapid Support Forces sê hy het ‘n weermag-gevegsvliegtuig en ‘n […]
Russe wen veld in die Oekraïne - July 3, 2023
Oekraïne se adjunkminister van verdediging, Hanna Maliar, sê Russiese magte het effens veld gewen naby die oostelike stad, Svatove. Volgens berigte is die stad naby Russiese toevoerroetes, so indien Svatove weer ingeneem word, sal dit belangrike strategiese gevolge vir Oekraïne inhou. Maliar sê alhoewel Oekraïnse soldate vorentoe beweeg langs die suidelike flank in die Bakhmut-area […]
Netbal se wêreldbeker bied reuse-finansiële inspuiting vir Kaapstad - July 3, 2023
Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Anroux Marais, sê die Netbal Wêreldbekertoernooi sal ‘n groot ekonomiese inspuiting wees vir die provinsie, en die plaaslike ekonomie deur toerisme stimuleer. Sestien spanne sal aan die toernooi deelneem wat op die 28ste van dié maand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum begin. Die LUR se waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, […]
Stampriet se boeke is in chaos - July 3, 2023
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê daar is talle ongerymdhede by die Stampriet-dorpsraad. Die raad kan geen ondersteunende dokumentasie voorsien vir personeel-lenings van amper 251 000 Namibiese dollar in 2016 en 2017 nie en verder, daar is ook geen bateregister vir 2016, 2017 en 2018 nie. Daar is ook geen kontrakte in verband met enige van sy eiendom wat hy […]
Estina-bedrogsaak duur vandag voort - July 3, 2023
Die Pretoria-landdroshof hoor vandag die getuienis aan van ‘n staatsgetuie in die Estina-belastingbedrogsaak van 37,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die aanklagte van bedrog hou verband met ‘n pasteuriseringsaanleg wat uit Indië ingevoer is en op ‘n faktuur van Gateway, ‘n Gupta-maatskappy in die Verenigde Arabiese Emirate gesit is. Die nasionale ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die twee beskuldigdes wat Gupta-medewerkers is, staar onder andere aanklagte […]
Chinese adjunk-president spreek vredesforum toe - July 3, 2023
Die Chinese visepresident Han Zheng het die openingsplegtigheid van die Elfde Wêreldvredesforum by die Universiteit van Tsinghua in Beijing toegespreek en alle partye gevra om wêreldvrede en -sekerheid te beskerm. Han sê in die lig van ingrypende veranderings op die internasionale toneel, het China ‘n reeks groot inisiatiewe voorgestel, soos die Wêreldwye Ontwikkelingsinisiatief, die Wêreldwye Sekerheidsinisiatief, en die Wêreldwye Beskawinginisiatief, terwyl hy voortdurend […]
Junior Bokke is reg vir Argentinië môre - July 3, 2023
Die Junior Springbokke se span is versterk met die terugkeer van losskakel Jean Smith vir môre se bepalende kragmeting teen Argentinië in die Wêreldbeker onder 20-kampioenskap. Smith, wat die span se voorste puntemaker in die toernooi is, het in die aanvangswedstryd teen Georgië gespeel, maar Sam Francis het hom in die wedstryd teen Italië vervang. Francis is weens ‘n enkelbesering uit […]
Publiek aangemoedig om deel te neem aan fluitjieblaser-wetgewing - July 3, 2023
Die Whistleblower House moedig Suid-Afrikaners aan om aktief deel te neem aan die voorgestelde hervorming van fluitjieblaser-wetgewing. Die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling het die voorgestelde hervorming vir openbare kommentaar vrygestel. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se erkenning van die Kommissie van Ondersoek na bewerings van Staatskaping in die staatsektor. Die direkteur van […]