Graad 6-leerders in SA kan ook nie met begrip lees nie - May 17, 2023

‘n DA-parlementslid, Bax Nodada, is bekommerd oor die leeskrisis in Suid-Afrika. Die jongste verslae van die studie oor die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheid toon 56 persent van leerders in graad 6 in Suid-Afrika kan nie met begrip lees wanneer hulle op die graad 4 Vordering in Internasionale Leesgeletterdheids-evaluering getoets word nie. Hy sê dit is kommerwekkend dat slegs een uit elke vyf […]

Read More

Teregstellings styg met 53% in 2022 - May 17, 2023

Die aantal teregstellings wat wêreldwyd in 2022 aangeteken is, was die hoogste in vyf jaar. Volgens Amnesty International is 883 mense in 20 lande tereggestel, wat ‘n styging van 53 persent verteenwoordig, vergeleke met die vorige jaar. Iran, Saoedi-Arabië en Egipte het 90 persent van die teregstellings uitgevoer. Die syfers sluit China uit, wat vermoedelik duisende elke jaar teregstel. Amnesty sê dat teregstellings in Noord-Korea, Viëtnam, Sirië en Afghanistan […]

Read More

Didiza bedank SA-boere vir werkskepping - May 17, 2023

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het die landbousektor se bydrae tot die land se werksgeleenthede geloof. Sowat 888 000 mense het in die eerste kwartaal vanjaar in die primêre landbousektor gewerk wat van kwartaal-tot-kwartaal 3 persent en van jaar-tot-jaar 5 persent meer is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dis ver bo die landbousektor […]

Read More

Eskom pas beurtkrag op Namibië toe - May 17, 2023

Die uitvoerende hoof van NamPower Simson Haulofu sê Eskom pas reeds ‘n geruime tyd beurtkrag op Namibië toe. Hy sê die maatskappy het geen vooraf waarskuwing daarvan gegee nie maar, dat die stap nie die bepalings van die kontrak oortree nie. Wanneer dit gebeur, koop NamPower elektrisiteit aan by die Suider-Afrikaanse kragpoel, wat uiters duur is. Volgens Haulofu koop die maatskappy 180 megawatt aan vanuit Zambië, […]

Read More

Werkloosheid in SA moet nuwe oplossing kry - May 17, 2023

ActionSA sê Suid-Afrika se volgehoue hemelhoë werkloosheidsyfer beklemtoon die noodsaaklikheid dat die regering sy benadering tot die ekonomie moet verander en nuwe oplossings moet vind om werk te skep. Die land se werkloosheidskoers het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9 persent gestyg. Johann Krige van ActionSA sê ten spyte van herhaalde beloftes sedert 2018 om […]

Read More

Dresden-vyf is skuldig aan waaghalsige rooftog - May 17, 2023

Vyf mans is skuldig bevind aan die opspraakwekkende roof in Dresden in Duitsland in 2019. Die diewe het uiters kosbare en geskiedkundige juwele ter waarde van 113 miljoen euro, of 2,33 miljard Namibiese dollar, gesteel uit die stad se staatsmuseum. Die polisie het baie van die juwele teruggevind, insluitend ‘n swaard met diamante, maar daar word gevrees dat die res van die […]

Read More

Inter is (uiteindelik) deur na eindstryd in Kampioeneliga - May 17, 2023

Die driemalige wenners, Inter Milan, is die eerste keer in 13 jaar deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle AC Milan by San Siro met 1-0 verslaan het. Lautaro Martinez het die wendoel aangeteken, ná verlede week se oorwinning van twee doele in die eerste been. Simone Inzaghi se span kom op 10 Junie teen Real Madrid of Manchester City te staan in die eindstryd wat in Istanbul, Turkye, […]

Read More

Nog vordering in toegang tot chroniese medikasie - May 17, 2023

Namibië het verlede jaar 94 miljoen Amerikaanse dollar, gelykstaande aan 1,5 miljard Namibiese dollar, deur die Amerikaanse President se Pepfar-program ontvang om Namibië se MIV- en TB-voorkoming, sorg en behandeling te ondersteun. Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry het tydens die oorhandiging van 19 Pelebox Smart Locker-toestelle aan die gesondheidsministerie by die Katutura-hospitaal gesê dat anti-retrovirale medisyne nou gratis en meer toeganklik is vir […]

Read More

Mielieoes sal kleiner wees as verlede jaar - May 17, 2023

Met die swak en sporadiese reënseisoen in mielieproduksie-gebiede in Namibië, word nie ‘n groot oes verwag nie. Volgens data van die Akkerbouraad sal verlede jaar se oes beslis vanjaar s’n oorskry met wit mielies wat op sowat 85 000 ton vanjaar beraam word. Na verwagting sal 80 persent van wit mielies vanjaar uit besproeiingsgebiede kom. […]

Read More

Katrina se korrupsie-ondersoek ‘vorder goed’, agt jaar later - May 17, 2023

Plaaslike berigte lui dat die aanklaer-generaal nog moet besluit of die eertydse ministers Alpheus !Naruseb en Katrina Hanse-Himarwa vervolg sal word oor die toekenning van ’n hervestigingsplaas in die Hardap-streek aan Hanse-Himarwa se seun. Volgens berigte sê die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa dat die saak goed vorder – agt jaar sedert ondersoeke na […]

Read More