Minste babageboortes in Japan sedert 1899June 8, 2025
Japan se geboortesyfer neem vinniger af as wat beraam is, met die jaarlikse syfer wat verlede jaar tot nog ‘n rekordlaagtepunt gedaal het. Volgens regeringstatistiek is meer as 686 000 babas in 2024 in Japan gebore. Dis ‘n daling van 5,7 persent teenoor die vorige jaar en die eerste keer sedert 1899 dat dit onder 700 000 gedaal het. Japan is een van verskeie Oos-Asiatiese lande wat worstel met dalende geboortesyfers en ‘n bevolking wat al hoe ouer word. Die land se bevolking van ongeveer 124 miljoen mense sal na verwagting teen 2070 tot 87 miljoen daal, met 40 persent ouer as 65.