Ondersoek na vergrype nodig in Tigra

Amnestie Internasionaal vra vir ‘n ondersoek na vergrype in die konflik tussen Ethiopië en Tigray. Die burgerregtegroep sê die Ethiopiese federale regering en die Tigray-vryheidsfront, wat by die oorlog in die noorde van Tigray betrokke is, het misdade teen die mensdom gepleeg. ʼn Afrika-ontleder, Charles Sinkala, sê daar is magte van buite wat die burgeroorlog in die streek aanblaas:   

Read More

Charles verkoop sy ma se resiesperde

Koning Charles het meer as ‘n miljoen Britse pond verdien nadat hy 14 resiesperde van sy oorlede ma, die koningin, verkoop het. Elizabeth was baie lief vir perde en het 37 nagelaat. Sy is ook die eerste monarg wat die Goue Beker by Royal Ascot in 2013 gewen het met haar perd Estimate. Van haar perde het tussen […]

Read More

AfriForum appelleer teen Modise se diermishandeling-kwytskelding

AfriForum se private vervolgingseenheid het appèlstukke ingedien teen die streekshof in Potchefstroom se bevinding dat die minister van verdediging, Thandi Modise, onskuldig is op klagtes van dieremishandeling. Die eenheid tree op namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging wat Modise privaat vervolg. Ses klagtes is ingedien nadat 200 ondervoede diere in 2014 op Modise se plaas in Noordwes vankant gemaak moes word. Natasha Venter van AfriForum sê die hooggeregshof in Mmabatho sal die appèl in Maart volgende jaar aanhoor: 

Read More

Schlettwein sê landbou moet begin waarde toevoeg vir welvaart in die ketting

Die landbouminister Calle Schlettwein het met boere in die Otjozondjupa-streek vergader as deel van sy streeksbesoek. Hy het sy kommer uitgespreek oor die welvaart in die sektor en sê die uitvoer van, byvoorbeeld, speenkalwers op die hoef, ontwikkel geen inkomste in die waardeketting nie en die voordele is nie eweredig versprei nie. In sy mening, […]

Read More

Chaos met verkryging tydens Covid

Die Namibiese Openbare Verkrygingseenheid sê in sy 2020-21 jaarverslag dat hy inligting van 173 openbare entiteite aangevra het oor verkryging tydens die noodtoestand van 27 Maart tot 4 Mei 2020. In daardie tyd is daar gelas dat noodverkryging sonder die eenheid kan voortgaan maar net as dit verband hou met die bekamping van Covid. Net […]

Read More

Klimaatsverandering: Namibiese boere moet begin voorberei

Klimaatsverandering is in die nuus met COP27 wat in November in Egipte gehou word. Die jaar is temperature van rondom 1,1 grade Celsius hoër as normaal gemeet en vloede, brande en storms het oral voorgekom. Ontwikkelende lande, wat nie bygedra het tot die probleem nie word nie die uitdagings gespaar nie en in Namibië se […]

Read More

Reuse-dwelmvonds, N$18 miljard se ice, in Hongkong gemaak

‘n Rekord-dwelmklopjag met ‘n geraamde straatwaarde van meer as 18 miljard Namibiese dollar is in Hongkong uitgevoer. Die 1,8 ton vloeibare metamfetamien, ook bekend as “ice”, was bestem vir Nieu-Suid-Wallis in Australië. Australië se federale polisie en die land se grensmag in Hongkong het volgens berigte die deurbraak gemaak in ‘n gesamentlike operasie met Hongkong […]

Read More

Dwelms oorheers misdaadverslag

Uitdagings met dwelms duur voort. Die polisie in die Erongo-streek het oor die naweek verskeie dwelmvondse in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund gemaak. Vrydag is twee mans in besit van dagga ter waarde van 1 750 Namibiese dollar gevang. Ook op die dorp is ’n 35-jarige man in die Tulinawa-nedersetting in besit van drie groot sakke […]

Read More

Swartbooi gesels oor grond, alliansies vanuit Johannesburg by PAP

Die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi sê die rede hoekom hy nie in Namibië teenwoordig is nie, is omdat hy die stryd vir Namibiërs voortsit by die Pan-Afrika-parlement. Hy sê uit Johannesburg hy beywer hom steeds vir die stryd maar op kontinentale vlak. Hy bou ook alliansies.

Read More

Beurtkrag, soos beloof, vanoggend weer terug in SA

Eskom het van vroeg vanoggend af weer beurtkrag ingestel ná ‘n naweek sonder enige onderbrekings. Fase twee-beurtkrag het om vyfuur vanoggend begin en sal tot môreoggend vyfuur duur. Dinsdag en Woensdag sal fase twee gedurende die aandspitstye van vier-uur die middag tot middernag in werking wees. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê dit is te wyte aan […]

Read More