Swartbooi gesels oor grond, alliansies vanuit Johannesburg by PAP

Die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi sê die rede hoekom hy nie in Namibië teenwoordig is nie, is omdat hy die stryd vir Namibiërs voortsit by die Pan-Afrika-parlement. Hy sê uit Johannesburg hy beywer hom steeds vir die stryd maar op kontinentale vlak. Hy bou ook alliansies.