Klimaatsverandering: Namibiese boere moet begin voorberei

Klimaatsverandering is in die nuus met COP27 wat in November in Egipte gehou word. Die jaar is temperature van rondom 1,1 grade Celsius hoër as normaal gemeet en vloede, brande en storms het oral voorgekom. Ontwikkelende lande, wat nie bygedra het tot die probleem nie word nie die uitdagings gespaar nie en in Namibië se geval, blyk dit of die toekoms uiters uitdagend kan wees. Dr. Chris Brown van die Kamer van die Omgewing sê die modelle is reeds getoets.