Charles verkoop sy ma se resiesperde

Koning Charles het meer as ‘n miljoen Britse pond verdien nadat hy 14 resiesperde van sy oorlede ma, die koningin, verkoop het. Elizabeth was baie lief vir perde en het 37 nagelaat. Sy is ook die eerste monarg wat die Goue Beker by Royal Ascot in 2013 gewen het met haar perd Estimate. Van haar perde het tussen 150 000 en 300 000 pond behaal.