Reuse-dwelmvonds, N$18 miljard se ice, in Hongkong gemaak

‘n Rekord-dwelmklopjag met ‘n geraamde straatwaarde van meer as 18 miljard Namibiese dollar is in Hongkong uitgevoer. Die 1,8 ton vloeibare metamfetamien, ook bekend as “ice”, was bestem vir Nieu-Suid-Wallis in Australië. Australië se federale polisie en die land se grensmag in Hongkong het volgens berigte die deurbraak gemaak in ‘n gesamentlike operasie met Hongkong se Doeane- en Aksynsdiens. Die polisie sê die dwelms wat in kartonhouers met klapperwater gevind is, is geïdentifiseer deur intelligensie wat sy lede in Mexiko ontwikkel het, en in samewerking met Australië se Departement van Binnelandse Sake.