AfriForum appelleer teen Modise se diermishandeling-kwytskelding

AfriForum se private vervolgingseenheid het appèlstukke ingedien teen die streekshof in Potchefstroom se bevinding dat die minister van verdediging, Thandi Modise, onskuldig is op klagtes van dieremishandeling. Die eenheid tree op namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging wat Modise privaat vervolg. Ses klagtes is ingedien nadat 200 ondervoede diere in 2014 op Modise se plaas in Noordwes vankant gemaak moes word. Natasha Venter van AfriForum sê die hooggeregshof in Mmabatho sal die appèl in Maart volgende jaar aanhoor: