Chaos met verkryging tydens Covid

Die Namibiese Openbare Verkrygingseenheid sê in sy 2020-21 jaarverslag dat hy inligting van 173 openbare entiteite aangevra het oor verkryging tydens die noodtoestand van 27 Maart tot 4 Mei 2020. In daardie tyd is daar gelas dat noodverkryging sonder die eenheid kan voortgaan maar net as dit verband hou met die bekamping van Covid. Net 60, of 34,7 persent van die entiteite het verslag gedoen en die eenheid sê daar as 1 060 verkrygings in daardie tyd, ter waarde van amper 103 miljoen Namibiese dollar, gedoen. Die eenheid sê hy het bevind dat entiteite nie voldoen het aan die wetlike vereistes nie en ook nie aan regulasies nie. Daar is ook nie aandag gegee aan gesonde kompetisie nie, veral met die verkryging van maskers en handreinigers, wat by net ‘n handvol verskaffers aangekoop is.