Geingob, Ramaphosa spreek medelye uit met Suid-Korea

President Hage Geingob het sy medelye betuig met die regering en mense van Suid-Korea nadat minstens 153 mense tydens Halloween-vierings in ‘n samedromming dood is. Die tragedie het in die hoofstad Seoel plaasgevind toe skares deur ‘n nou stegie in ‘n besige naglewe-buurt beweeg het. Intussen het President Cyril Ramaphosa ook ‘n brief van medelye […]

Read More

Bidens plant boom vir veteraan tuinier by Withuis

Die Amerikaanse presidentspaar, Joe en Jill Biden, het die Withuis se veteraan terreinopsigter verras deur ‘n Amerikaanse olmboom tot sy eer te plant. Dale Haney sorg die afgelope half-eeu vir die ikoniese gebou se tuin en die presidentsvrou beskryf hom as een van die mees geliefde personeellede. Die 70 jarige Haney het tien presidente gedien, […]

Read More

Seuntjie wat Sondag verdrink, gevind

Die soektog na die 6-jarige seuntjie wat Sondag verdrink het naby die enkelkwartiere en Grysblok is verby. Percy Openshaw van Crisis Response het pas sy oorskot gevind. Dit volg na polisieduikers Sondag tevergeefs gesoek het. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers wat reeds sedert Sondag betrokke is, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Namibië het die reg om sy grense te sluit – kenner

Die bekende Suid-Afrikaanse landboukenner, dr. Kobus Laubscher, sê Namibië het ‘n reg om sy grense te sluit vir landbou-invoere om sy bedrywe te beskerm. Sy aanmerkings kom na Suid-Afrikaanse landbouprodusente gesê het die voortgesette groente-invoerbeperkings wat Namibië en Botswana toepas, benadeel hulle ondernemings. Die twee lande het invoerbeperkings op uitgesoekte agronomiese en tuinbougewasse ingestel om […]

Read More

Tongaat-sakeredding moet eenvoudig werk, anders is daar ‘n ramp

Die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid maan oor die invloei van invoere as die landbou- en agri-verwerkingsgroep Tongaat Hulett se sakereddingsproses sou misluk. Die kamer sê die Suikermeestersplan kan ontspoor, met die verlies van meer as 700 000 werksgeleenthede, voedselsekerheid en ekonomiese onbestendigheid in KwaZulu-Natal. Die maatskappy verskaf een-derde van die land se suiker […]

Read More

Apple-produksie daal met 30% oor Covid-inperkings

Produksie van Apple se iPhones kan volgende maand by een van die wêreld se grootste fabrieke met soveel as 30 persent daal weens die verskerping van Covid-maatreëls in China. Die vervaardiger, Foxconn, werk daaraan om produksie by ‘n ander fabriek in die stad Shenzhen te bevorder om vir die tekorte op te maak nadat sy […]

Read More

Mabaruli Schapies was weereens ‘n reuse-sukses

Die Mabaruli Schapies MTB-uitdaging was weereens ‘n reuse-sukses. Die geleentheid is naby Dordabis gehou, en volgens die organiseerder, Sven Stohmenger van Mabaruli Safari’s was dit ‘n lekker familie- en fietsrynaweek.

Read More

Suid-Afrikaanse mediese studente vertrek na Kuba

Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, groet vandag ‘n groep mediese studente in Sandown, Johannesburg. Hulle is op pad na Kuba om onder die Nelson Mandela/Fidel Castro-opleidingsprogram medies te studeer. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die program is deel van ‘n bilaterale ooreenkoms wat die twee lande in 1996 onderteken het om […]

Read More

Shiimi sê swak boekhouding by plaaslike owerhede moet aangespreek word

Die swak boekhouding van plaaslike owerhede bly in die nuus. Die finansminister Ipumbu Shiimi sê dat beter vaardighede en kapasiteit in munisipaliteite, dorpsrade en meer daargestel moet word. Die ouditeur-general Junias Kandjeke het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat net Aroab en Ruacana skoon oudits ontvang het en dat geen munisipaliteit daartoe in staat is nie. Shiimi sê dit toon dat daar ‘n chroniese probleem is wat aangespreek moet word. […]

Read More

Angie sê eksamens sal sonder probleme voortgaan

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is oortuig die eksamens vir die Nasionale Senior Sertifikaat sal sonder ongerymdhede voortgaan. Die eksamen begin vandag en die minister doen ʼn beroep op die algemene publiek om die klas van 2022 te ondersteun terwyl hulle met die laaste eksamen van hulle skoolloopbaan begin. Die departement is […]

Read More