Bidens plant boom vir veteraan tuinier by Withuis

Die Amerikaanse presidentspaar, Joe en Jill Biden, het die Withuis se veteraan terreinopsigter verras deur ‘n Amerikaanse olmboom tot sy eer te plant. Dale Haney sorg die afgelope half-eeu vir die ikoniese gebou se tuin en die presidentsvrou beskryf hom as een van die mees geliefde personeellede. Die 70 jarige Haney het tien presidente gedien, van die era van Richard Nixon af, en ook toesig gehou oor die talle troeteldiere wat oor die jare daar gewoon het. Die Amerikaanse olmboom kan tot 200 jaar oud word.