Tongaat-sakeredding moet eenvoudig werk, anders is daar ‘n ramp

Die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid maan oor die invloei van invoere as die landbou- en agri-verwerkingsgroep Tongaat Hulett se sakereddingsproses sou misluk. Die kamer sê die Suikermeestersplan kan ontspoor, met die verlies van meer as 700 000 werksgeleenthede, voedselsekerheid en ekonomiese onbestendigheid in KwaZulu-Natal. Die maatskappy verskaf een-derde van die land se suiker en 50-persent van die wit suiker. Hy het verlede week ‘n sakereddingsproses aangekondig weens sy vinnig-stygende skuld. Die kamer sê hy sal steeds help met die herstel van sakebedrywighede.