Angie sê eksamens sal sonder probleme voortgaan

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is oortuig die eksamens vir die Nasionale Senior Sertifikaat sal sonder ongerymdhede voortgaan. Die eksamen begin vandag en die minister doen ʼn beroep op die algemene publiek om die klas van 2022 te ondersteun terwyl hulle met die laaste eksamen van hulle skoolloopbaan begin. Die departement is oortuig die eksamens sal volgens die beginsels van regverdigheid, betroubaarheid, geldigheid en integriteit plaasvind. Volgens Motshekga het twee praktiese eksamens Vrydag goed afgeloop, ten spyte van beurtkrag: