Shiimi sê swak boekhouding by plaaslike owerhede moet aangespreek word

Die swak boekhouding van plaaslike owerhede bly in die nuus. Die finansminister Ipumbu Shiimi sê dat beter vaardighede en kapasiteit in munisipaliteite, dorpsrade en meer daargestel moet word. Die ouditeur-general Junias Kandjeke het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat net Aroab en Ruacana skoon oudits ontvang het en dat geen munisipaliteit daartoe in staat is nie. Shiimi sê dit toon dat daar ‘n chroniese probleem is wat aangespreek moet word. Die owerhede het uitdagings met besteding, bateregisters en meer en die probleem word jaarliks herhaal.