SA landbou-uitvoere kan deel weens bande met Rusland - June 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse landbousektor, wat verantwoordelik is vir die helfte van die land se produksie van 230 miljard Suid-Afrikaanse rand, kan verliese met uitvoere verwag weens die land se bande met Rusland. Die ekonoom Wandile Sihlobo sê hoewel minder as twee persent na Rusland uitgevoer word, moet verhoudings met die Europese Unie en ander sleutelmarkte gekoester […]

Read More

Tennis: Federer herdenk 30ste Halle Ope - June 22, 2023

Tennis: Die grasbaan-seisoen is in volle swang voor Wimbledon, wat op 3 Julie gaan afskop. Een van die opwarmings-toernooie wat tans gespeel word, is die Halle Ope in Duitsland. Dit is die 30ste herdenking van hierdie toernooi. Iemand wat uiters suksesvol daar was, is Roger Federer, wat die trofee ‘n rekordgetal van 10 keer verower […]

Read More

PDM se Katjimune vereis gratis tersiêre onderrig - June 22, 2023

Die Popular Democratic Movement se parlementslid Maximalliant Katjimune sê President Hage Geingob moet tersiêre onderwys vir studente ook gratis maak. Katjimune het uitgevaar teenoor die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds en geweier om sy studentelening te betaal. NSFAF het Katjimune, en sy mede-LP’s Inna Hengari en Patience Masua met aanmaningsbriewe bedien waarin geëis word dat hulle […]

Read More

Theo Borstlap se begrafnis môreoggend op Otji - June 22, 2023

Die roudiens van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap vind môreoggend om tienuur by die skouterrein in die Noordedorp plaas. Die begrafnis sal ná die diens by die Otjiwarongo-begraafplaas plaasvind. Borstlap het op 4 Mei ernstige brandwonde op sy plot opgedoen waarna hy na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Hy is op 6 […]

Read More

Moord op bekende pynappelplaas in Kenia ondersoek - June 22, 2023

‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat sekerheidsbeamptes van die Del Monte-pynappelplaas in Kenia beskuldig word van wreedaardige aanrandings en moord op mense wat verdink word van betreding op sy grond. Die ondersoek is deur The Guardian en die Buro van Ondersoekende Joernalistiek gedoen. Die plaas buite Thika is die enkele grootste uitvoerder van […]

Read More

Titan-loods se vrou ‘n afstammeling van Titanic-egpaar - June 22, 2023

Die vrou van een van die vyf mans in die vermiste mini-duikboot, Titan, is ‘n afstammeling van ‘n egpaar wat dood is toe die Titanic in 1912 gesink het. Die uitvoerende hoof van die duik-maatskappy OceanGate, Stockton Rush, is vermoedelik die loods van die Titan wat Sondag verdwyn het tydens ‘n duiktog na die wrak […]

Read More

DA: Reuse-agterstand in katarak-chirurgie - June 22, 2023

Dit is nie net in Namibië waar ‘n agterstand in katarak-operasies is nie. Die DA in Mpumalanga sê teen die huidige tempo sal dit die provinsiale departement van gesondheid meer as 40 jaar neem om die agterstand met katarak-operasies in die provinsie in te haal. In die jaarverslag vir 2021/2022 rapporteer die departement ʼn agterstand […]

Read More

Vrou van vervalle huis steeds nie geholpe - June 22, 2023

‘n Vrou van Walvisbaai wie se huis uitmekaar val, word steeds herwaarts en derwaarts tussen verskeie ministeries gestuur. Sy het foto’s verskaf wat reuse-krake en gebarste mure wys. Sy het die eiendom in 2016 deur die Build Together-projek by die Walvisbaaise munisipaliteit gekoop en sy is nie die enigste een wat die uitdagings beleef nie. […]

Read More

Zambiese polisiehoof loof Shikongo - June 22, 2023

Die 28ste algemene jaarvergadering van SAOG-streek se polisiehoofde se Interstaatlike Verdedigings- en Veiligheidskomitee is tans in Swakopmund aan die gang. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo en die huidige voorsitter het sy bewind oorhandig aan die Zambiese polisiehoof, inspekteur-generaal Graphael Musamba. Hy het tydens sy aanvaardingstoespraak Shikongo vir sy leierskap bedank.

Read More

Skoor bekommerd oor Eskom-bestuurskrisis - June 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor openbare rekeninge het kommer uitgespreek oor ‘n bestuurskrisis by Eskom. Die voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, beklemtoon die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan kwessies by individuele kragstasies om die nutsdiens se bedrywighede te herstel. Skoor het ‘n toesighoudende besoek aan Eskom gebring waar korrupsie en onderpresterende kragstasies verdere […]

Read More