Veldbrand woed op regeringsplaas in Kunene June 15, 2025

‘n Veldbrand woed op die hervestigingsplaas Omutambo Maowe op die grens van die Kunene- en Omusati-streke. Omutambe is deel van die regering se grondhervormingsprogram en is veronderstel om die weidingsdruk van kommunale boere te help verlig. Volgens ‘n bron van Kosmos 94.1 Nuus is daar geen brandpaaie om die plaas nie. Toerusting om brandpaaie te skep, is glo ook buite werking.