Absa sê slegte skuld sal versleg - July 16, 2023

Absa het aangekondig sy kredietverlies-verhouding, wat beraamde slegte skuld meet, het die groep se teikenspeling oorskrei. Die bank beraam Suid-Afrikaanse verbruikers is onder ontsettende druk weens hoër rentekoerse, wat kredietverliese oor die teikengrens kan druk. Die bank beraam dat dit sy kredietverliesspeling vir beraamde slegte skuld tot tussen 1,25 persent en 1,3 persent kan opstoot, […]

Read More

Trump loop voor met fondsinsamelings maar Biden wen hulle almal - July 16, 2023

Die syfers is in vir fondsinsamelings deur sommige van die presidensiële kandidate vir die Republikeinse-party. Donald Trump loop voor met 35 miljoen Amerikaanse dollar wat in die tweede kwartaal ingesamel is, teenoor 18,8 miljoen dollar in die eerste kwartaal. Ron DeSantis het 20 miljoen dollar ingesamel met Mike Pence wat ook verklaar het, met ‘n […]

Read More

Momentum se jeug-rugbyweek was reuse-suskes - July 16, 2023

Die jaarlikse Momentum Jeug-uitnodigings-rugbyweek het Saterdag by Vegkop afgesluit. Dit word as ‘n reuse-sukses beskou, veral vir die ontwikkeling van Namibiese rugby. Vier Namibiese en Suid-Afrikaanse skole het in die rugbyweek kragte gemeet wat deur Momentum Namibia en vennote geborg is. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun Powell van Gravity Sport Solutions gesels oor die […]

Read More

Tsjeggiese burger wat vermoedelik smokkel, aangekla maar nie gearresteer nie - July 15, 2023

Die veteraan joernalis Dirk Heinrich, sê die 50-jarige Tsjeggiese burger wat op 23 Mei vanjaar in Wene vanaf Addis Abeba aangekom het en betrap is met 85 geitjies, twee slange en twee skerpioene, nog nie gearresteer is nie. Heinrich sê dit is deur die woordvoerder van die Oostenrykse finansministerie bevestig. Geen verdere inligting is verskaf nie en dus, sê Heinrich, is dit onmoontlik om uit […]

Read More

SA het inentings vir konyne se bloedsiekte beskikbaar - July 15, 2023

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement het aangekondig entstof is ingevoer om Konyn Hemorragiese Siekte te behandel. Konyneienaars het ‘n keuse om die siekte te voorkom deur inenting deur hulle privaat veeartse te versoek. Suid-Afrika het tans 218 aktiewe gevalle van ‘n uitbreking van die siekte, meestal in die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap, die Vrystaat en Gauteng. Van […]

Read More

Afrika-leiers vra vir AGOA-verlenging - July 15, 2023

Die Africa Business-spitsberaad in Gaborone, Botswana, het ‘n beroep gedoen vir die hernuwing van die Wet op Groei en Ontwikkeling in Afrika, AGOA. Die ooreenkoms, wat in 2025 verval, gee sekere Afrikalande belastingvrye toegang om hulle produkte na die Amerikaanse mark uit te voer. Die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, beklemtoon, die verlenging van die […]

Read More

All Blacks wen oortuigend in Auckland - July 15, 2023

Dit is 86-jaar en nege toetse sedert Suid-Afrika laas in Auckland gewen het, waar hulle in 2017 ‘n 57-0 pak slae teen Nieu-Seeland op die lyf geloop het. En vandag se Kampioenskapkragmeting het weer nie vir die Bokke ‘n oorwinning besorg nie, wat swak begin het en na net 15-minute met 17-0 agter was. Die […]

Read More

Hoërhof-tender vir 3 000 meubelstukke laat vrae ontstaan - July 15, 2023

Die Tender Bulletin berig dat die ministerie van justisie ‘n tender vir amper 3 000 stukke meubels op sy webtuiste geadverteer het. Die publikasie sê die tender is vir 6 Julie gedateer maar is op 10 Julie eers gevind met die sluitingsdatum op 25 Julie. Dit vra kwotasies aan wat volgens die Bulletin foutief is […]

Read More

Party beskuldig ANC oor doodsdreigemente teen sy leier - July 15, 2023

Die president van die African Transformation Movement in Suid-Afrika, Vuyo Zungula, het ANC-lede beskuldig van doodsdreigemente. Hy sê die dreigemente teen sy lewe volg nadat hy uitgesproke was oor President Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaasskandaal. Die ANC het daarop gesê Zungula moet bewyse lewer. Die beweging se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party is teleurgesteld […]

Read More

Exxon Mobil in die sop oor sy Guyana-vennote - July 15, 2023

Amerikaanse regeringsamptenare het, volgens ‘n spesiale berig deur Reuters, Exxon Mobil herhaaldelik gewaarsku om sake te vermy met twee mynmagnate in Guyana. Die twee staar ‘n ondersoek, en sanksies, in die gesig oor vermoedens van geldwassery, dwelmhandel en goudsmokkelary. Maar, die Texas-gebaseerde oliereus het die advies geïgnoreer en ‘n ooreenkoms gesluit om ‘n logistieke basis […]

Read More