Lugvaartkenner gesels oor hoekom die herrie met grondhantering by HKIA - August 22, 2023

Die afgelope maande was daar groot onsekerheid op Hosea Kutako Internasionale Lughawe as gevolg van die toekenning van die tender vir grond- en vraghantering aan Paragon Aviation. Menzies Aviation, wat reeds jare die kontrak het, het talle aansoeke in die hof geloods en dit was ‘n heen en weer tot Saterdagoggend toe die lughawensmaatskappy ter […]

Read More

Belastingontduiking: Meer as 1 000 boere wil met Shivute vergader - August 22, 2023

Plaaslike berigte lui dat meer as 1 000 kommersiële en kommunale boere onder Taxpyers Concern Group, ‘n beroep gedoen het op die aanpassing van belastingwetgewing in die land. Van die lede vorm blykbaar deel van die groep wat deur NamRA ondersoek word vir belastingontduiking van 833 miljoen Namibiese dollar wat 1 168 belastingbetalers betrek. NamRA […]

Read More

Mecki gesels oor gesprekspunte by jaarvergadering môre - August 22, 2023

Savanna Beef Processors se jaarvergadering vind môre plaas waartydens terugvoering gegee sal word oor die vordering wat tot dusver gemaak is met beleggings, sowel as die beplande konstruksie van die abattoir. Cirrus Capital hanteer ook die derde ronde van beleggings van beesprodusente wat op 7 September sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider van […]

Read More

Dis die Welwitschias teen die Bulle op Vegkop - August 22, 2023

Namibiese rugbyliefhebbers sien uit na die groot wedstryd tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Blou Bulle wat Saterdag in die hoofstad sal plaasvind. Dit sal ‘n gulde en laaste geleentheid vir die Welwitschias wees ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi in September in Frankryk. Die wedstryd is egter verskuif vanaf die Hage Geingob-stadion na Windhoek […]

Read More

Ekonoom sê oor wisselvallige rand - August 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse rand is uiters wisselvallig en vertoon steeds baie swak teen die Amerikaanse dollar. Die geldeenheid het Maandag weer teruggesak na bo 19 teen die Amerikaanse dollar maar het vanoggend effe versterk. Die bekende ekonoom vanuit Suid-Afrika, Dawie Klopper verduidelik die redes aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

NWR beleef rekord besettingsgetalle - August 22, 2023

Namibia Wildlife Resorts is verheug oor die voortgesette goeie herstel van toerisme-besettingsgetalle by hul oorde ná Covid, wat ‘n positiewe trajek vir die bedryf aandui. Die afgelope naweek het die gewildste oorde, insluitend Halali, Okaukuejo, Olifantsrus, Namutoni in Etosha en Sesriem, ‘n indrukwekkende besettingsyfer van 100 persent behaal. Nelson Ashipala, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die maatskappy, […]

Read More

VN het kommer oor 200 Palestyne wat tot dusver vanjaar dood is - August 22, 2023

Die Verenigde Nasies sê meer as 200 Palestyne en byna 30 Israeli’s is tot dusver vanjaar dood in betogings, skermutselings, militêre operasies, aanvalle en ander voorvalle. Dit is die hoogste sterftesyfer sedert 2005. Die VN se spesiale koördineerder vir die Midde-Oosterse vredesproses, Tor Wennesland, sê die gebrek aan vordering na ‘n politieke oplossing wat aandag […]

Read More

Man U gooi Greenwood uit na interne ondersoek - August 22, 2023

Die Manchester United-voorspeler, Mason Greenwood, gaan die klub na ‘n wedersydse ooreenkoms verlaat. Dit volg na ‘n interne ondersoek teen hom oor poging tot verkragting, beheersende en dwingende gedrag en aanranding. Die 21-jarige internasionale speler van Engeland is in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem, maar die aanklagte is in Februarie vanjaar laat vaar. United […]

Read More

GOOD sê Stad Kaapstad vra te veel vir krag - August 22, 2023

Die GOOD-party beweer die DA-beheerde Stad Kaapstad laat kragverbruikers al vir langer as ‘n jaar te veel vir krag betaal sonder die goedkeuring van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika. Anton Louw van die party sê die stad het skaamteloos ‘n tariefverhoging van 19,7 persent ingestel en gebruik plaaslike belastingbetalers se geld in die geheim om hom in die hof […]

Read More

Drie dae en 62 draadstrikke om Okaukuejo verwyder - August 22, 2023

Die Namibiese omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorkoms van draadstrikke in Etosha Nasionale Park. In ‘n verklaring sê die ministerie dat daar is onlangs foto’s geneem van diere, in die jongste geval, ‘n leeu, met draadstrikke. Daar is ongeveer 400 gemeenskapslede in die park en die ministerie het ‘n spesiale gesamentlike operasie geloods om draadstrikke in en om Okaukuejo te verwyder. […]

Read More