
VSA Ope: Dis Medvedev teen Djokovic - September 9, 2023
Die Rus Daniil Medvedev het die wêreld se nommer een, top-gekeurde en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, ‘n skok-nederlaag op die Amerikaanse Ope toegedien en ‘n eindstryd ingepalm teen die drie-malige kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Die derde gekeurde kampioen van 2021 het die jong Spanjaard in vier stelle geklop – 7-6, 6-1, 3-6, 6-3. Vroeër […]
N$3,4 miljard om brandstofyprys te buffer - September 9, 2023
Die Nasionale Energiefonds het volgens plaaslike berigte meer as 3,4 miljard Namibiese dollar op onderverhalings in die brandstofprys tussen 2015 en 2022 bestee. Net meer as 3 miljard dollar is in brandstofheffings verdien. Die fonds absorbeer onderverhalings in ‘n poging om verligting aan verbruikers te bied wanneer die ru-olieprys styg en die Suid-Afrikaanse rand verswak. […]
Beroep op bloedskenkers om vandag na vore te tree - September 9, 2023
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n veldtog vandag in Windhoek en Oshakati om voorraad op te bou. Veral O-negatiewe bloed is dringend nodig. Titus Shivute van die diens doen ‘n beroep op die publiek om te skenk.
SA Toerisme ontken R33m kontrak met Trevor Naoh - September 9, 2023
Suid-Afrikaanse Toerisme benadruk dat hy nie enige finansiële bydrae lewer tot die moontlike samewerking met die komediant, Trevor Noah, wat daarop gemik is om Suid-Afrika as ‘n wéreldwye toeristebestemming te bevorder nie. Dit volg op berigte van ‘n moontlikheid van ʼn transaksie van 33 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir bemarking. Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika befonds die […]
All Blacks verloor, ja verloor, teen Frankryk - September 9, 2023
Frankryk het geskiedenis gemaak deur die All Blacks hulle heel eerste Wêreldbeker-groepsnederlaag toe te dien in die openingswedstryd in Parys. Die gasheer het die driemalige kampioen 27-13 verslaan op ‘n volgepakte Stade de France na ‘n rustyd-voorsprong van 9-8. Albei spanne het twee drieë gedruk, albei Nieu-Seeland s’n deur die vleuel Mark Telea, en Frankryk […]
Babastorting was fetus van 2 tot 3 maande - September 9, 2023
Meer inligting is bekend oor die baba-storting wat Vrydagoggend in Rocky Crest plaasgevind het en waaroor Kosmos 94.1 Nuus berig het. Die Namibiese polisie sê die was ‘n twee tot drie maande oue fetus wat in ‘n kosblik geplaas is wat in ‘n plastieksak toegedraai was. Bedelaars wat kos gesoek het, het die ontdekking gemaak. […]
IFP-stigter Butelezi sterf op 95 - September 9, 2023
Die stigter van die Suid-Afrikaanse Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Butelezi is vanoggend oorlede. President Cyril Ramaphosa het die aankondiging gemaak. Hyhet op 27 Augustus sy 95ste verjaarsdag herdenk. Buthelezi was die eerste minister van binnelandse sake in ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ramaphosa sê Buthelezi was ‘n uitstaande leier in die politieke en kulturele lewe van Suid-Afrika.
Reuse, 6,8 aardbewing in Marokko - September 9, 2023
’n Kragtige aardbewing wat 6,8 op die Richterskaal gemeet het, het Marokko se Atlas-berge getref. Owerhede sê tot dusver is 296 mense dood met 153 beseer. Die ministerie van binnelandse sake sê die getal is voorlopig en die meeste sterftes was in berggebiede wat moeilik bereikbaar is. Inwoners van Marrakech, die naaste groot stad aan […]
Copps 94.1: Moles by ‘n nagklub - September 9, 2023
‘n Gereelde molesmaker by ‘n nagklub in die hoofstad het haar verskyning op Copps 94.1 gemaak nadat sy gevang is op geslotekring-televisie waar sy geld uit ‘n man se beursie steel. Francois Lottering was aan diens en het die storie.
Daar’s vordering met reël 108 – Metcalfe - September 8, 2023
Prokureur Richard Metcalfe het nog geen terugvoering ontvang met betrekking tot die verstekvonnis-stelsel ná sy oproep aan die Bank of Namibia om in te gryp nie. Maar, hy voeg by daar blyk om ‘n toenemende toegeeflikheid te wees met effe verligting.