
Zuma se vrylating sal regstoets slaag – Lamola - August 11, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, hou vol die besluit om oudpresident Jacob Zuma se vonnis te versag, sal regsondersoek deurstaan. Die gewese president trek voordeel uit die kwytskeldingsproses wat tot gevolg sal hê dat meer as 9 000 gevangenes onder korrektiewe toesig vrygelaat word om verligting te bied in oorvol […]
Brittanje se NHS weer lamgelê deur staking - August 11, 2023
Daar is weer vandag ‘n staking in die Britse nasionale gesondheidsdiens. Beide die verpleërs en dokters sê hulle ure is uitmergelend en hulle salarisse te min om te oorleef. Die diens het ‘n erge agterstand en blyk om in chaos gedompel te wees. Ongevalle-dokter, Andrew Meyerson, het met Britse media gepraat.
Bokke kry sterbelaaide afskeid môre - August 11, 2023
Die Springbokke kan uitsien na ‘n sterbelaaide openbare afskeid môre by die OR Tambo Internasionale Lughawe wanneer hulle na die Wêreldbeker in Frankryk vertrek. Bekendes soos PJ Powers, Robbie Wessels en Loyiso Bala sal deel van die geleentheid wees en Bok-ondersteuners word aangemoedig om dit by te woon en die 33 spelers en personeel af […]
Zambezi-bewaringsgebiede ‘verloor’ amper N$460 000 - August 11, 2023
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu sê sy streek het permitte uitgereik vir die oes van 93 metrieke ton se hout, 300 dakpale, 935 pale en 770 sparre, vir beide kommersiële- en eie-gebruik. Daar is 3 527 permitte vir woud-produkte in die vorige boekjaar uitgereik met inkomste van 254 794 Namibiese dollar vir die […]
AfriForum waarsku weer oor wysigings aan onderwyswette - August 11, 2023
AfriForum in die buurland waarsku die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette kan die onderwys ernstig benadeel, indien dit in sy huidige vorm aanvaar word. Dit volg op ‘n voorlopige nasionale verslag oor die Parlement se openbare deelname-proses, wat openbare steun vir die wetsontwerp aan die lig gebring het. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, beskryf oorweldigende […]
Ecowas gee opdrag dat bystandsmag in Niger ontplooi word - August 11, 2023
Leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikalande, Ecowas, het opdrag gegee dat ‘n militêre reserwemag uit die streek geaktiveer en in Niger ontplooi word. ‘n Militêre junta het op die 26ste van verlede maand ‘n staatsgreep in die land uitgevoer. Die president van die Ecowas-streeksblok, Omar Touray, sê die ontplooiing is om grondwetlike orde in […]
SAN hou uitreik in die Noorde - August 11, 2023
Die Sekuriteits-vereniging van Namibië gaan ‘n inligtingsdag aanbied waar bedryfsleiers, kundiges en belanghebbendes sal saamtrek om die nuutste neigings, insigte en ontwikkelings in sekuriteitspraktyke te bespreek en te verken. Die inligtingsessie vind plaas op Ongwediva op 21 September 2023 vanaf half-agt die oggend. Hierdie geleentheid is daarop gemik om samewerking te bevorder en die sekuriteitslandskap […]
Zuma kry kwytskelding by Ramaphosa, hoef nie tronk toe te gaan nie - August 11, 2023
Oudpresident Jacob Zuma het ‘n spesiale kwytskelding van die departement van korrektiewe dienste ontvang, wat beteken dat hy nie na die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal sal terugkeer om sy 15 maande tronkstraf te voltooi nie. President Cyril Ramaphosa het die kwytskelding van nie-gewelddadige oortreders in Suid-Afrika goedgekeur. Die waarnemende nasionale kommissaris vir korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, […]
Namibië se onderwysers is jonger, geen kommer oor aftrede, tekorte nie - August 11, 2023
Die Namibiese onderwysministerie het sy reaksie gegee op kommer oor ‘n gebrek aan ervare onderwysers. In die buurland word daar beaam dat planne gemaak moet word om die gevolge van die tekort aan geskoolde en ervare onderwysers te vermy. Dit volg op ʼn onlangse studie deur die Universiteit Stellenbosch wat bevind het dat 49 persent van die […]
Stryd teen ANC begin om omheinde gemeenskappe uit te los - August 11, 2023
Die DA maak gereed om te stry teen wat hy beskryf as ANC-korrupsie wat omheinde gemeenskappe teiken. Die party sê die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, beplan om maatskappye met Swart Ekonomiese Bemagtiging, wat aan die ANC verbind is te kry om dienste aan omheinde gemeenskappe verskaf. Dit laat kommer ontstaan oor plundering en politieke kaping. […]