
Mosiehof: 36 aansoeke, N$47,4m geskuld - June 6, 2025
Daar was 80 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend met 10 op die reël 108 rol. Regters Gerson Narib en Lotta Ambunda het die sessies hanteer en 36 aansoeke van kommersiële banke aangehoor. Die banke eis 21 eiendomme met uitstaande skuld van 37,8 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 15 lenings wat nou […]
Bemarkingseisoen vir witmielies begin - June 6, 2025
Die mielie-oesseisoen het op 5 Mei begin en die Namibië Akkerbouraad het ‘n bogemiddelde 2025 bemarkingsseisoen voorspel. In sy jongste vooruitskouing sê die raad die oes sal sowat 70 000 ton beloop, 103 persent hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Loide Uahengo, die raad se bestuurder van akkerbou-ontwikkeling, wat ‘n opdatering […]
Aussenkehr se ontwikkeling staan stil - June 6, 2025
Inwoners van Aussenkehr gaan steeds gebuk onder onvoldoende behuising, sanitasie en ‘n tekort aan drinkwater. Inwoners haal steeds water van die rivier, ten spyte daarvan dat hulle in die druiweberyf, wat ‘n miljard Namibiese dollar jaarliks verdien, werk. ‘n Staande komitee van die Nasionale Raad het ook onlangs besoek afgelê en die vertraging aan dienslewering […]
Plaaslike kameelperd navorsing verras - June 6, 2025
Die Giraffe Conservation Foundation het die jongste oor sy studie oor die laer-ledemate van kameelperde om die versorging van dié diere in dieretuine en bewaringsprogramme wêreldwyd te bevorder, gedeel. Stephanie Fennessy, die uitvoerende direkteur en mede-stigter van die stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels. Sy sê daar is opgewondenheid oor die navorsing.
LPO hou Karan situasie fyn dop - June 6, 2025
Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou die situasie by Karan Beef fyn dop en sal lede op hoogte hou van enige verdere ontwikkelinge en kommunikasie dienooreenkomstig verskaf. Dit kom na daar beaam is dat die impak op die korttermyn gering sal wees maar kan op langer duur groter word. Volgens die Namibiese Landbou-unie is meer as […]
De Lille beklemtoon veiligheid van besoekers - June 6, 2025
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê besoekers se veiligheid is altyd ʼn nasionale prioriteit. Die Amerikaanse konsulaat in Suid-Afrika het die land in ʼn bygewerkte reiswaarskuwing afgradeer na vlak 2, wat besoekers waarsku om versigtig te wees omdat geweldsmisdaad soos gewapende roof, verkragting, voertuigkapings en diefstal algemeen is. Dit waarsku ook dat geweldsmisdaad […]
Merz vra Trump om meer druk op Putin te plaas - June 6, 2025
Die Duitse kanselier Friedrich Merz het met CNN gepraat na sy samesprekings met president Donald Trump. Merz het Trump gevra om meer druk op Rusland te plaas om die oorlog in die Oekraïne te beëindig. Maar hy het vroeër gesê dat Europa meer onafhanklik van die VSA moet wees omdat Trump nie veel oor die […]
Cynthia Erivo sê die aanbied van Tony Awards voltooi sirkel vir haar - June 6, 2025
Oscar-genomineerde en musikant Cynthia Erivo sê om vanjaar se Tony Awards aan te bied, is ‘n pragtige manier om ‘n sirkel vir haar te voltooi. Sy het in 2016 ‘n Tony gewen vir haar vertolking van Celie in The Colour Purple. Van die genomineerdes vanjaar is Jonathan Groff, Danya Taymor, Kara Young, Justin Peck, en […]
Walvis kry N$75m inspuiting vir Farm 37 - June 6, 2025
Die munisipaliteit van Walvisbaai het ‘n reuse-hupstoot van 75 miljoen Namibiese dollar van die stedelike ontwikkelingsministerie ontvang vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Dit sal volgens Forbes die uitdaging van […]
Karan Beef se veearts sê oor uitbreking - June 6, 2025
Die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer maak steeds opslae. Die siekte is egter net by een van sy drie voerkrale, die een by Heidelberg, geïdentifiseer. Dr. Dirk Verwoerd, die senior voerkraal-veearts by Karan Beef, het aan OFM radio in Suid Afrika gesê sover word net sowat 2 […]