Aussenkehr se ontwikkeling staan stilJune 6, 2025

Inwoners van Aussenkehr gaan steeds gebuk onder onvoldoende behuising, sanitasie en ‘n tekort aan drinkwater. Inwoners haal steeds water van die rivier, ten spyte daarvan dat hulle in die druiweberyf, wat ‘n miljard Namibiese dollar jaarliks verdien, werk. ‘n Staande komitee van die Nasionale Raad het ook onlangs besoek afgelê en die vertraging aan dienslewering bevraagteken. Daar is blykbaar uitdagings met die bepalings van die grondeienaar wat die 600 hektaar gebied geskenk het maar, 10 persent rente hef op enige ontwikkelings. Onlangs is 40 miljoen dollar bestee aan infrastruktuur soos waterversuiwering en elektrisiteit maar, is nie voltooi nie en is reeds gevandaliseer.