Mosiehof: 36 aansoeke, N$47,4m geskuldJune 6, 2025

Daar was 80 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend met 10 op die reël 108 rol. Regters Gerson Narib en Lotta Ambunda het die sessies hanteer en 36 aansoeke van kommersiële banke aangehoor. Die banke eis 21 eiendomme met uitstaande skuld van 37,8 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 15 lenings wat nou betaalbaar is met ‘n skuldlas van 9,6 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer Ambunda 52 onverdedigde egskeidings.